Koeëlvaste gordels vir beskuldigdes
Maleisië
Maleisië het Woensdag twee vrouens, ‘n Indonesiër en ‘n Viëtnamees, aangekla van die moord op die vervreemde halfbroer van die Noord-Koreaanse leier in ‘n sluipmoordaanval met super-toksiese gif.
Siti Aishah, ‘n 25-jarige ma van een van Djakarta, en Doan Thi Huong (28), van die landelike noorde van Viëtnam, kan die doodstraf opgelê word vir die moord op Kim Jong-nam op Kuala Lumpur se internasionale lughawe op 13 Februarie.
Polisie het die twee vrouens in boeie na die hof begelei. Met hul vertrek is hulle gedwing om koeëlvaste gordels te dra. Dit is ‘n aanduiding van Maleisiese owerhede se vrees dat nóg mense by die moord betrokke was en die vrouens kan probeer stilmaak. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie