Kom ons help
Polla Swart skryf:
As oud-Windhoeker het ek met hartseer verneem van die haglike toestand waarin die bekende begraafplaas hom tans bevind. Voor onafhanklikheid was dit ‘n bekende toeriste-attraksie en was dit beskou as die skoonste en mooiste kerkhof in die suidelike halfrond, maar ongelukkig het dit daarna in ‘n ashoop verander.
Dit is egter verblydend dat Daantjie Louw en Klaus Linow dit raak gesien het, en dit hulle taak gemaak het om dit skoon te maak en te onderhou. Ek wil dus ‘n beroep doen op almal van ons wie se geliefdes daar te ruste gelê is, om hierdie grootmoedige en belangrike poging van Daantjie en Klaus te ondersteun deur ‘n fisieke of finansiële bydrae te maak.
Ons kan nie staatmaak op die munisipaliteit of regering om dit te doen nie, aangesien dit vir hulle nie so belangrik en persoonlik is as vir ons wie se geliefdes se laaste rusplek dit is nie.
Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie