Kom ons raak verantwoordelik, asseblief
Tanja Bause – Namibiërs en hul bestuursvernuf, of die tekort daaraan, is ’n kopseer.
Dit is verstommend dat daar nie daagliks méér mense op ons paaie in ongelukke sterf nie.
Ek is ook verbaas daaroor dat daar nie daagliks hónderde ongelukke in Windhoek aangemeld word nie.
Ek weet nie waar die probleem lê nie. Is dit omdat ons onsself nie aan wette steur nie, omdat ons die wette nie ken nie, of is ons as bestuurders net só arrogant en selfsugtig dat ons dink die pad behoort net aan ons?
Dink ons ons kan so goed bestuur dat ons op die pad kan maak net wat ons wil, omdat niks met ons gaan gebeur nie?
Ons is onvernietigbaar.
Dít is wat sommige bestuurders dink, maar hulle moet begin besef dit is nie die geval nie.
Dalk is dit omdat daar nie genoeg wetstoepassing plaasvind nie. Die spoedbeperking op die westelike verbypad is nou al vir ’n geruime tyd 80 km/h.
Ons het spoedkameras wat sommer vyf mense ná mekaar op een slag kan vang sonder dat die oortreder hoef te stop. Hulle sal net ’n kaartjie in die pos ontvang. Maar wanneer het julle al ’n verkeersbeampte op dié of enige ander pad in die stad gesien?
Ek sien nou die dag in Windhoek weer ’n ma op haar selfoon praat terwyl sy bestuur. Boonop staan haar kind tussen die sitplekke. Eerstens, mevrou, is dit teen die wet om op jou selfoon te praat, en tweedens moet jou sowat tweejarige kind in sy karsitplek vasgegordel wees.
Ek is etlike jare gelede na ’n ongeluk tussen twee voertuie uitgeroep.
Toe ek by die toneel aankom, sien ek dit is nie ’n groot ongeluk nie.
Die voertuie is skaars beskadig. Ek wonder hoekom die leser vir ons van die ongeluk vertel het, en begin die polisie vrae vra.
“’n Klein kind het tussen die sitplekke gestaan en toe die voertuig van agter gestamp is, het die kind deur die voorruit gevlieg. Die kind is dood,” sê die polisiebeampte vir my.
Dit is presies my punt: Jou kind is klein en kan nie vir homself dink nie. Jy as ma en verantwoordelike volwassene is veronderstel om jou kind in die voertuig te beveilig. Dit maak nie saak of jy net vinnig om die hoek ry nie.
Ek moet ook sê as ons verkeersbeamptes elke dag net in Windhoek op strategiese plekke gestaan het en kaartjies uitgereik het vir mense wat op hul selfone is terwyl hulle bestuur, of vir mense wat oor rooi verkeersligte of oor stopstrate ry, sal dit ook beter gaan.
Ek weet nie wanneer die wet verander het van “stop by ’n rooi verkeerslig” na “die volgende vyf motors wat by ’n rooi lig aankom, mag deurry” nie.
Waar is die wetstoepassers? Dis ’n daaglikse verskynsel by elke verkeerlig. Kies ’n verkeerslig en begin skryf.
Ek bestuur altyd op die langpad met my ligte aan. Talle bestuurders wat van voor af kom, flikker hul ligte vir my om my aandag daarop te fokus dat my ligte aan is.
Hoekom hou jy jou met snert op? Konsentreer op die pad en sit jou ligte aan soos die polisie bestuurders al menigmaal gevra het.
Weer eens: As die polisie by padblokkades op hul pos is, en nie op hul stoele sit en bestuurders met handbewegings deurlaat nie, kon hulle vir mense sê om hul ligte aan te sit.
Hulle kon dan ook padwaardigheid en alkoholmisbruik onder bestuurders monitor.
Jy sal die alkohol ruik as jy die bestuurder vir sy lisensie vra. Jy sal ook die pap of afgeloopte band raaksien as jy by die voertuig staan. Dan kon jy dalk ’n band wat bars, ’n voertuig wat rol en mense wat sterf, vermy.
Kom ons as bestuurders raak meer verantwoordelik, en ons as wetstoepassers doen bietjie meer moeite in die hoop om saam die sterftes op ons paaie te verminder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie