Kommer laai op oor aansoek om oes van seediere
Kommer laai op oor aansoek om oes van seediere

Kommer laai op oor aansoek om oes van seediere

Ronelle Rademeyer
Jana-Mari Smith, Leandra Louw en Ronelle Rademeyer - Lede van die Aksiegroep teen Plundering het gister op Walvisbaai ’n klagskrif met besware onderteken teen die aansoek deur twee Chinese maatskappye om verskeie bedreigde mariene spesies waaronder bottelneusdolfyne en brilpikkewyne, na diere­tuine in dié land uit te voer.

Sowat 6 400 mense het ook reeds die groep se aanlyn klagskrif onderteken.

“Ons is nie hier om ’n geveg aan die gang te sit nie, maar om bewusmaking te skep. Ons stemme sal gehoor word,” het me. Katja Glöditzsch, een van die organiseerders van die aksiegroep, gesê.

Die aanvanklike plan was om met bote na die Russiese vaartuig, dieRyazanovka, te vaar en die lys met handtekeninge van beswaarmakers aan die kaptein van die vaartuig te oorhandig. Dit is laat vaar aangesien Namport nie toestemming daarvoor wou gee nie.

Dié sogenoemde “moordboot” is sedert Mei in die Walvisbaaise hawe. Dit kan groot spesies soos walvisse aan boord neem en na Chinese en ander markte vervoer. Vrese heers oor die teenwoordigheid van die boot en die moontlikheid dat sy dalk onwettig van die spesies sal oes indien die aansoek afgekeur word.

Intussen het die Vereniging vir Mariene Toere van Namibië ook die naweek sy stem by dié van ander besorgdes gevoeg en sê mariene toerisme, wat jaarliks miljoene dollar vir die land in, kan groot skade ly indien Welwitchia Acquatic and Wildlife Scientific Research Pty Ltd en Beijing Ruier Animal Breeding & Promoting Co. se aansoek vir die oes van mariene spesies aan die Namibiese kus, toegestaan word.

Mnr. Theuns Keulder sê in ’n verklaring namens hierdie vereniging dit sal nie net diepgaande ekologiese nagevolge hê nie, maar dit sal ook ’n katastrofiese impak op mariene toerisme aan die kus hê. Dié subsektor in die toerismebedryf het die afgelope paar jaar met nagenoeg 20% gegroei en het ’n gesamentlike jaarlikse omset van N$100 miljoen.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne is tans besig om ’n aanbeveling te finaliseer in reaksie op die Chinese maatskappy se versoek om bedreigde mariene spesies aan die Namibiese kus te oes en lewend na China uit te voer.

Die aansoek het hewige kritiek plaas­lik ontlok nadat bevind is die aansoek is onwetenskaplik en onakkuraat.

Die voorgestelde oes van kritiek bedreigde spesies kan die bevolking van dié diere aan die kus uitwis aangesien die aantal diere wat vir die jaarlikse oes versoek word, groter as die totale bevolkings is.

Dolfynnavorsers het bevestig dat minder as 100 bottelneusdolfyne in die Namibiese waters voorkom. Die Chinese het ’n versoek ingedien om 100 per jaar te oes.

“Dit bewys die totale gebrek aan wetenskaplike data in die aansoek,” het ’n navorser by navraag gesê.

Nóg ’n navorser, wat ook anoniem wil bly, het gesê die versoek is nie “lewensvatbaar en volhoubaar” nie, veral nie met betrekking tot die kritiek bedreigde spesies soos walvisse, dolfyne en pikkewyne.

“Die finale besluit sal deur die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, geneem word wanneer hy na Namibië terugkeer,” het die permanente sekretaris, dr. Moses Maurihungirire, gesê.

Hy het ook gesê die ministerie is bewus van internasionale kommer en dat hy nie ’n besluit sal neem wat Namibië skade sal berokken nie. “Ons is toegegooi onder die e-posse.1396986481

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!