Kommissaris-egpaar lees, speel met kwesbare kinders
Maleisiërs reik uit na Mammadu
As deel van ‘n pretdag vir die wees- en kwesbare kinders van die Mammadu-sentrum, het die Maleisiese hoë kommissaris en sy vrou verlede week vir dié kinders stories gelees, saam met hulle speletjies gespeel en hulle van ‘n voedsame ete voorsien.
Die geleentheid is deel van die Maleisiese hoëkommissariaat se jaarlikse uitreikprogram, waardeur hulle minderbevoorregte Namibiese kinders ondersteun en groter mens-tot-mens kontak in plaaslike gemeenskappe probeer bewerkstellig.
Dit word gedoen in samewerking met Maleisiërs wat in Namibië woon.
Tydens hierdie geleentheid het Maleisië se hoë kommissaris, mnr. Hishamuddin Ibrahim, en sy vrou, me. Ida Alina Salleh, ‘n leessessie vir die kinders aangebied. Ibrahim sê onderrig is noodsaaklik vir die kinders se ontwikkeling, en die kweek van ‘n liefde vir lees op ‘n jong ouderdom sal hulle help om te leer.
Die kinders is ook aan Henna-kuns deur die Maleisiese kunstenaar Feeza Jazri blootgestel.
Jazri se kunswerke is onlangs by die Omba-galery uitgestal.
Die kinders is ook geleer hoe om pluimbal te speel, waarna hulle ‘n voedsame ete geniet het wat deur die kommissaris-egpaar en ander Maleisiërs voorberei is.
Ibrahim het gesê hy is toegewyd daaraan om die kinders van Mammadu voortdurend te steun en betrokke by hul ontwikkeling te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie