Kommissie maan oor poste as Edgars nie groenlig kry
Nellie Brand-Jonker – Die Mededingingskommissie het aanbeveel dat die Mededingingstribunaal die voorgestelde verkryging van Edgars Consolidated Stores Beperk deur ’n nuwe beheermaatskappy goedkeur.
Die kommissie sê in ’n verklaring dit is onwaarskynlik dat die voorgestelde transaksie tot ’n wesenlike voorkoming of vermindering van mededinging sal lei in die mark waarin Edcon betrokke is.
Die doel van die transaksie is om die geldelike verknorsing waarin die Edcon-groep hom bevind te versag en ’n potensiële likwidasie vermy wat tot werkverliese kan lei, lui die verklaring.
Die Edcon-groep en die departement van ekonomiese ontwikkeling het op sekere voorwaardes ooreengekom om swart ekonomiese bemagtiging, plaaslike aankope en die beskerming van poste te bevorder.
Die kommissie beveel aan die transaksie word goedgekeur onderhewig aan dié voorwaardes.
Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie, sê die kommissie glo die voorgestelde transaksie sal ’n positiewe impak op poste hê.
“ ’n Wesenlike getal Edcon-personeel kan hul werk verloor as die onderneming in sakeredding geplaas word indien die verkryging nie goedgekeur word nie.”
Volgens hom beoog die groep om nog personeel in diens te neem.
Die kommissie sê in sy verklaring ’n rakmaatskappy met die naam New HoldCo is opgerig met die doel om die totale uitgereikte aandele van die Edcon-groep te bekom.
New HoldCo se aandeelhouers sluit in plaaslike en internasionale beleggers in die vorm van private-ekwiteitsmaatskappye en banke.
Nie een van die aandeelhouers het beheer oor New HoldCo nie.
Die kommissie sê die voorgestelde transaksie volg op ’n mislukte poging in 2016 om die Edcon-groep te herstruktureer. Dit het ’n konsortium krediteure ingesluit wat deur ’n nuwe maatskappy die totale uitgereikte aandele van die Edcon-groep bekom het.
Die kommissie het die onvoorwaardelike goedkeuring van dié transaksie aanbeveel, maar die tribunaal het die transaksie goedgekeur onderhewig aan voorwaardes van openbare belang wat deur die partye en die departement ooreenkom is.
Soortgelyke voorwaardes is nou aanbeveel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie