Komplekse web betrek Jooste by Steinhoff-transaksies
Dit betrek ook vir Bruno Steinhoff, oorspronklike stigter van Steinhoff, en sy familiebelange.
Nie Jooste of Steinhoff het op die beweringe in die berigte gereageer nie.
’n Regsverteenwoordiger van King het gereageer, maar meestal aantygings oor ongerymdhede ontken.
Die transaksies waaroor geskryf word, het byna 20 jaar gelede begin.
King word as ’n Britse eiendomsontwikkelaar beskryf en Evans as ’n voormalige bankier met ’n beweerde omstrede agtergrond. Het het op 23-jarige ouderdom by die belastingtoevlugsoord Jersey by Citibank aangesluit het, waar hy byna 20 jaar gewerk het.
Jooste het onlangs in die parlement erken hy ken Evans goed en het vir jare sake met hom gedoen.
Dit is bekend dat Jooste en King sakebande het.
Volgens Financial Mail het Evans teen 1997 Jooste en die Steinhoff-familie se buitelandse sake behartig.
Een maatskappy waaroor geskryf word, Alvaglen, word betrek by eiendomstransaksies waarin dit lyk asof die waarde van eiendom aansienlik oordryf is.
Alvaglen is deur ’n reeks transaksies en maatskappye wat King en Jooste betrek aan Steinhoff se eiendomsmaatskappy Hemisphere verkoop.
Dit is reeds bekend dat Steinhoff vroeër vanjaar die waarde van Hemisphere met die helfte verminder het weens transaksies wat nie volgens markverwante pryse plaasgevind het nie.
Eiendom wat aan Steinhoff verhuur is, is in ’n houermaatskappy geplaas en die huur is opgestoot, wat die waarde van die eiendom op die boeke verhoog het.
Craig McKune van amaBhungane en Warren Thompson van Financial Mail, die twee skrywers van die artikel, hou Vrydag ’n nuuskonferensie in Pretoria oor hoe hulle die netwerk van maatskappye ontdek het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie