Kongres fokus op vrou, kind
Die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) bied vandeesmaand sy 38ste jaarlikse mediese kongres aan.
Vanjaar val die klem op die gesondheid van vroue en kinders met 'n wye reeks besprekings wat hierop betrekking het. Van die onderwerpe sluit in vroue en hul hormone, die implikasies van borskanker in die reproduktiewe jare, asook immunisering: bewyse en etiek. Tydens 'n ontbytsimposium wat saam met die kongres loop en deur MediClinic geborg word, val die emosionele impak van onvrugbaarheid, ingeligte toestemming en die gebruik van steroïede by kinders onder meer onder die soeklig. 'n Pediatriese werkwinkel, ondersteun deur die Lady Pohamba- private hospitaal, fokus op kinders. Van die sprekers sluit onder meer dr. Carel Haumann, prof. Clarissa Pieper, prof. Justus Apffelstaedt, prof. Monika Esser, adv. Charmaine van der Westhuizen en Maika Eysselein in. Die kongres vind op 14 en 15 Julie by The Dome in Swakopmund plaas en word die Vrydagoggend om 08:00 deur MAN se voorsitter, dr. David Weber, geopen. Vir meer besonderhede kan Nici Bachran by 061 224 455 of per e-pos by [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie