Kontantvloei briek Meatco-betalings aan boere
Die kritieke droogtenood en druk bemarking bring mee dat Meatco nie dadelik vir beeste kan betaal nie.
Ronelle Rademeyer - Die skielike hoë deurset by Meatco waar meer as 600 beeste nou daagliks geslag word, plaas die kontantvloei van die land se vlagskip-vleisverwerker onder druk.
Meatco het produsente gister ingelig hy gaan sy deurset van Maandae tot Saterdae tot meer as 600 beeste per dag verhoog ten einde die nood in die landbousektor te help verlig.
Dit het egter 'n “enorme kontantvloei-implikasie” en daarom sal produsente tussen 30 en 60 dae vir hul betaling moet wag, het Meatco in sy nuusverklaring gesê.
Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), sê dit was een van die voorstelle wat dié organisasie aan Meatco gemaak het in onderhandelinge oor ‘n beter, stabiele prys sodat produsente met gemoedsrys hul beeste kan afrond en markgereed maak.
“Dit was een van ons voorstelle dat Meatco ’n prys waarborg sodat ons ’n plan kan maak om ons beeste af te rond en ’n beter produk te lewer. Ons het gesê as dit sou beteken dat ons langer moet wag vir ons geld, sal ons hulle tegemoetkom. Ons moet mekaar se hande vat,” het Gouws by navraag gesê.
Hy sê veilings se “boom” het uitgeval en pryse het só drasties gedaal dat dit nie ’n voorkeurbemarkingskanaal is nie.
“Ten minste kan ons, as ons weet die slagprys is gewaarborg, met die handelsbanke onderhandel en reëlings tref,” sê hy.
Meatco sê in sy verklaring die droogtetoestand is kritiek vir Namibië en ‘n groot bekommernis vir produsente. Die behoefte van die boere is dus om so vinnig as moontlik hul diere te bemark.
“Die produsente het ‘n versoek aan Meatco gerig om sover as moontlik die slagpryse stabiel te hou, sowel as die deurset deur sy fasiliteite maksimaal te verhoog om soveel as moontlik produsente te akkommodeer. Om aan die versoek te voldoen, is besluit om op alle moontlike Saterdae te slag en die deurset te verhoog tot meer as 600 diere per dag,” lui die verklaring.
“Laasgenoemde het egter ‘n enorme kontantvloei-implikasie vir Meatco. Om sy verpligtinge teenoor finansiële instellings en die produsente na te kom, het Meatco geen ander keuse nie as om produsente in te lig dat betalings vir beeslewerings vanaf 1 April eers ná 30 dae van die maandeinde se finansiële staat vereffen sal word. Die implikasie hiervan is dat produsente tussen 30 en 60 dae vir hul betaling sal moet wag.”
Die betaling van beeste wat tussen 15 en 31 Maart geslag is, sal op 18 April geskied.
Meatco sê hierdie betalingsvoorwaardes sal geld totdat sy kontantvloei herstel het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie