Konvensie oor Biodiversiteit in Mexiko
Die 13de Konferensie van Partye (COP13) vind vanaf 4 tot 17 Desember in Cancun plaas.
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, lei 20 afgevaardigdes na Cancun in Mexiko waar die 13de Konferensie van Partye (COP13) van die Verenigde Nasies (VN) se Konvensie oor Biologiese Diversiteit (CBD) vanaf 4 tot 17 Desember sal plaasvind.
Volgens die hoofbewaringswetenskaplike by die ministerie, mnr. Martin Kasaona, sal ''n aantal onderwerpe van belang vir Namibië wees. Dit sluit in die gevolge van klimaatverandering op biodiversiteit, die herstel van ekostelsels, en menslike gesondheid.
"Wat ook interessant is, is die volhoubare gebruik van biodiversiteit met betrekking tot wildbestuur en die gebruik van wildsvleis," het Kasaona gesê
COP 13 sal die vooruitgang met die implementering van die Strategiese Plan vir Biodiversiteit vir 2011 – 2020 hersien en bepaal of die Aichi Biodiversiteit-doelwitte bereik is.
Namibië het sy eerste Nasionale Biodiversiteit- en Aksieplan (NBSAP 1) in 2001 bekend gestel en is ''n party van die CBD. Die CBD se doelwitte is die bewaring van biodiversiteit, die volhoubare gebruik van biodiversiteit en die regverdige en gelyke deel van voordele van die handelsgebruik van genetiese hulpbronne en verwante tradisionele kennis.
Namibië is tans besig om die wetsontwerp op die toegang en deel van voordele en verwante tradisionele kennis te finaliseer wat verband hou met die Nagoya Protokol oor toegang en die deel van voordele by CBD COP10.
Die CBD is een van drie Rio-konvensies. Die ander twee is die VN se Raamwerkkonvensie oor Klimaatverandering (UNFCCC) en die VN se Konvensie oor die Bekamping van Verwoestyning.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het ''n vyfjaar projek geïmplementeer vir die mobilisering van hulpbronne vir biodiversiteitbewaring (ResMob)
Die hoofdoelwitte van die ResMob-projek is om Namibië se kapasiteit met die mobilisering van hulpbronne vir biodiversiteitbewaring te verbeter, spesifiek om die tweede Nasionale Biodversiteit Strategie en Aksieplan (NBSAP 2) doeltreffend toe te pas.
Die ResMob-projek word gesamentlik geïmplementeer deur die ministerie van die omgewing en toerisme en GIZ van die Duitse Federale ministerie van die omgewing, natuurbewaring en bou- en kernkragveiligheid (BMUB). Die projek is deel van die Internasionale Klimaatinisiatief (IKI). Die BMUB steun hierdie inisiatief op grond van ''n besluit wat deur die Duitse Bundestag aanvaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie