Koor hou kompetisie
Koor hou kompetisie

Koor hou kompetisie

Lloyd Zandberg
Vanjaar vier die Windhoekse Mannekoor sy 110de bestaansjaar met ‘n aantal konserte waarvan die Herdenkingskonsert op 12 Augustus 2017 die hoogtepunt sal wees. Die koor oefen reeds sedert die begin van die jaar onder die bekwame leiding van Erina Junius aan ‘n uitgebreide program. Die voorbereidingskostes vir hierdie besondere geleentheid word uit eie middele asook uit borggelde gedek, waarvan die lootjie kompetisie die begin is. Danksy die ondersteuning van baie vriende kan ‘n groot verskeidenheid goeie pryse aangebied word.



Donasies

Pryse

1

Etusis Lodge

Naweek vir 2, Karibib Distrik

2

Sophienhof Lodge

Naweek vir 2, Outjo Distrik

3

Frametique

Canvasgedrukte foto van Hentie Burger

4

Georg Rusch Trust

Hele Gemsbok

5

Koorlede

Kontant N$2000

6

Elisenheim Gästefarm

Een nag plus aandete en ontbyt vir 2, Windhoek omgewing

7

Immanuel Lodge

Een nag, plus aandete en ontbyt vir 2, Windhoek omgewing

8

Fam K&N von Kühne

Gemsbok boud en rugstring

9

Koorlede

Kontant N$1000

10

Fam K&N von Kühne

Gemsbok boud

11

Ekoti Crafts

Nguni kussing oortreksel

12

E Foertsch

Wild/lam gesaag en verpak

13

ColCacchio Pizzeria

Geskenkbewys N$500



Daar word 500 kaartjies teen N$50 elk verkoop en die trekking vind tydens die konsert op 12 Augustus 2017 plaas. Kaartjies is beskikbaar by koorlede of by die ontvangs van Retirement Fund Solutions h/v Feld en Newton Straat naby Maerua Mall (Tel. 446000) asook by Frametique in die Hyper City kompleks (Tel 251700).

Belangstellende sangers met ‘n liefde vir koormusiek uit verskeie genres word genooi om sonder verpligting by ‘n kooroefening op Donderdae 18h15 by die SKW kiosk in te loer. Enige navrae kan aan Harald Müseler by 081 129 6765 of [email protected]., asook aan Erina Junius by 081 281 8620 gerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!