Kort nuus
Marrakesj
Marokko troef SA met groenkrag
Marokko het Suid-Afrika verbygesteek as die aantreklikste beleggingsbestemming in Afrika vir hernieubare energie.
Volgens die Fieldstone Africa Renewables Index is Marokko nou boaan die lys van die sogenaamde Groot Vyf, wat dui op nasionale markte wat die geskikste is om in groenkragprojekte te belê. Marokko het ’n ambisie om teen 2020 tot 42% van sy krag uit hernieubare energie te kry. Hy vervang Suid-Afrika wat in die vorige indeks in Junie boaan die lys was.
Suid-Afrika het heeltemal uit die lys geval en is nou in die “Slapende Reus”-kategorie weens die beleidsonsekerheid oor groenkragprojekte sedert Eskom weier om nuwe kragkoopkontrakte vir groenkrag te sluit.
Uganda is tweede op die Groot Vyf-lys. - Netwerk24
Luanda
Nuwe hotel in Angola
Accor Hotels het sy eerste hotel in Angola geopen, met die plan om nog 50 hotelle in dié land te open.
Die Ibis Styles Talatona is in die hoofstad, Luanda, geopen in die teenwoordigheid van die Angolese minister van toerisme, asook die goewerneur van die Luanda-provinsie.
Die hotel is in die suide van Luanda naby die Avennida-winkelsentrum, die Talatone-konferensiesentrum en die internasionale skousentrum. Die hotel het 60 kamers, twee vergadersale, ’n restaurant en ’n lokaal vir spesiale geleenthede. - Netwerk24
Kaapstad
Seacom help met nuwe kabel na Mauritius
Seacom en IOX Cable het ’n ooreenkoms gesluit om ’n ondersese kabelstelsel te bou wat Afrika met Mauritius sal verbind.
Die projek van US$150 miljoen sal die derde onafhanklike ondersese kabel wees wat Mauritius met Afrika en die res van die wêreld verbind. Dit sal die eerste kabel in Mauritius wees wat oop is vir alle gelisensieerde telekommunikasieoperateurs. Die ooreenkoms is by die AfricaCom-konferensie in Kaapstad gesluit, en na verwagting sal die kabel in die eerste kwartaal van 2019 gereed wees vir kommersiële diens. - Netwerk24
Conakry
Beter breëband-internet vir Guinee
Cambridge Broadband Networks en InterCEL het ’n vennootskap gesluit om ’n draadlose internet-netwerk in Guinee in Wes-Afrika te vestig wat breëband-internetsnelhede sal bied wat soortgelyk is aan vesel-optiese netwerke.
Die netwerk sal breëband-internetbandwydte van die ACE ondersese kabelstelsel na groot stedelike en sakegebiede in Guinee versprei. Die eerste fase van die netwerk is reeds in die hoofstad Conakry gevestig, en dit sal nou na ander stede langs die kus en in die binneland na die mynbougebiede uitgebrei word. - Netwerk24
Lagos
Bosch in Nigerië
Die Duitse gereedskapvervaardiger Bosch gaan sy Bosch Power Box-konsep in Nigerië uitbrei.
Die projek is bedoel om vaklui in die informele sektor in Afrika toegang te gee tot kundigheid en opleiding in die gebruik van Bosch-gereedskap.
Nigeriese vaklui sal by die Bosch Power Box die jongste kraggereedskap kan koop of huur om sodoende die gehalte van die produkte wat hulle vervaardig te verbeter en hul ondernemings uit te brei. - Netwerk24
Nairobi
Oliebore vir Kenia
Africa Oil en sy vennote Tullow Oil en Maersk gaan in Desember met ’n boorveldtog in Kenia begin om tot agt eksplorasieboorgate te sink om hul bewese oliereserwes in die land uit te brei.
Die groep het aanvanklik beoog om ’n enkele pypleiding te bou om Ugandese olievelde met hul Keniaanse projek aan die kus te verbind, maar Uganda het besluit om sy eie pypleiding via Tanzanië te bou.
Keith Hill, hoof van Africa Oil, sê hul eie pypleiding vir Kenia sal hulle meer afhanklik van hul eie bronne maak om die pypleiding te regverdig en te finansier.
Die Suid-Lokichar-kom in die noorde van Kenia het ’n geraamde reserwe van 766 miljoen vate olie. - Netwerk24
Harare
Tiger Wheel in Zimbabwe
Tiger Wheel & Tyre gaan ’n tak in Kwekwe, Zimbabwe, open. Die bandegroep het reeds 91 winkels in Suid-Afrika, twee in Harare, een in Bulawayo, asook winkels in Namibië, Botswana en Mosambiek. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie