Kort nuus
Kort nuus

Kort nuus

Jo-Mare Duddy Booysen
Port Louis



BM Foods na Mauritius



Mediterranean Delicacies, ''n afdeling van die Suid-Afrikaanse­ voedselmaatskappy BM Foods, gaan na Mauritius­ uitbrei.

Mauritius, ''n eiland in die Indiese Oseaan, word meestal gereken as deel van Afrika en is die snelgroeiendste ryk mark in Afrika en onder die vyf snelgroeiendste ryk markte ter wêreld, volgens die New World Wealth-verslag.

Ali Buhler, direkteur van BM Foods, sê talle Suid-Afrikaners woon in Mauritius en dit is een van die gewildste vakansiebestemmings vir Suid-Afrikaners wat reeds bekend is met die handelsnaam.

''n Eksklusiewe ooreenkoms is met ''n verspreider in Mauritius gesluit om Mediterranean Deli­cacies se produkte te versprei. Buhler sê die Mauritiaanse bedrywighede kan ''n klein vervaardigingsaanleg insluit om produkte met ''n kort raklewe te maak. BM Foods brei steeds uit in Namibië en Botswana, en doen sake in Zambië en Zimbabwe. – Netwerk24



Dakar



Sonkrag in Senegal



Die Franse private beleggingsgroep Meri­diam het die finansiering van ''n fotovoltaïese sonkragaanleg van 30 MW in Senegal afgehandel. Dit is die tweede projek wat Meridiam in Senegal finansier.

Die Franse maatskappye betrokke by die bou van die aanleg is Eiffage en Solaire­direct, ''n filiaal van Engie. Die totale koste van die projek word op €43 miljoen geraam.

Die aanleg sal die hoeveelheid krag lewer wat sowat 200 000 Senegalese in ''n jaar verbruik teen goedkoper as die land se bestaande steenkoolkragstasie. – Netwerk24



Accra



SimbaPay na Ghana en Uganda



Die Londense digitale betaalstelsel SimbaPay het sy geldoordragdiens in Ghana en Uganda bekend gestel.

Ghanese en Ugandese wat in Europa woon, kan nou via die SimbaPay-webwerf­ of slimfoon-app geld in ''n kits na selfone in Ghana of Uganda stuur. SimbaPay lewer reeds die mobiele geld­oordragdiens in ander Afrikalande soos ­Nigerië en Kenia.

Ghanese en Ugandese wat in Brittanje of EU-lande woon en wat ''n bankrekening, of debiet- of kredietkaart het, kan die SimbaPay-app gebruik. – Netwerk24



Lagos



Nigeriërs juig oor Trump-aanstelling



Die Nigeriese gemeenskap in Amerika juig oor Donald Trump, gekose Amerikaanse president, se aanstelling van die gebore Nigeriër Bayo Ogunlesi in sy ekonomiese adviesraad, en hulle meen dit kan ''n positiewe tydvak vir Afrika inlui.

Ogunlesi is voorsitter van Global Infra­structure Management, ''n private beleggingsfirma met meer as $35 miljard se bates onder bestuur. Hy het in Nigerië skoolgegaan, en daarna aan Oxford in Brittanje en aan Harvard in Amerika studeer. – Netwerk24

– Netwerk24



Nairobi



Japan in Kenia



Die Japannese farmaseutiese groep Rohto-Mentholatum het bedrywig­hede in Kenia begin ná ''n beleggingsooreenkoms van 100 miljoen Keniaanse sjieling (sowat R13,3 miljoen).

''n Nuwe reeks produkte genaamd Rootia­ is in Kenia bekend gestel, en die groep wil die bedrywighede in Kenia gebruik om verder in Oos-Afrika uit te brei. – Netwerk24



N''Djamena



Panalpina help in Tsjad



Die vragversendingsmaatskappy Panalpina het gehelp met die vervoer van meer as 80 ton se noodlenigingsgoedere na Tsjad.

Panalpina het die kontrak vir die ­Verenigde Nasies se Kinderfonds ­(Unicef) verlede week uitgevoer om goedere soos komberse, tente, kos vir ondervoede kinders, mediese ­toerusting en medisyne per vragvliegtuig na N''Djamena, hoofstad van Tsjad, te neem.

Tsjad is op nommer 185 op die VN se ontwikkelingsindeks, wat beteken dis een van die armste lande ter wêreld, met sowat 650 000 vlugtelinge van binne die land self asook van Nigerië, Soedan en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Dis die vierde keer sedert 2013 dat Panalpina ''n kontrak vir Unicef uitvoer. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!