Kort nuus u2013 Afrika
Kort nuus u2013 Afrika

Kort nuus – Afrika

Egipte



Oudpresident dood ná floute in hof



Mohammed Morsi (67), Egipte se voormalige president wat in 2013 in 'n staatsgreep deur die weermag uit die kussings gelig is, is Maandag dood nadat hy kort ná 'n hofverskyning flou geword het.

Morsi het op aanklagte van spioenasie in die hof in Kaïro verskyn.

Sy bewind het in 2013 ná massabetogings in die land tot 'n einde gekom.

Hy is Maandag in 'n hospitaal in Kaïro dood.

Morsi was Egipte se eerste demokratiese president en was vanaf 30 Junie 2012 tot 3 Julie 2013 aan bewind.

Hy het Maandag in die hof sowat 20 minute voor 'n regter gepraat. Hy het vreemd begin optree en toe flou geword. “Hy is na 'n hospitaal gehaas waar hy later dood is,” het 'n bron in die justisiedepartement gesê. Morsi was in aanhouding sedert sy bewind in 2013 tot 'n einde gekom het.

Morsi het 20 jaar gevangenisstraf uitgedien nadat hy skuldig bevind is aan die talle sterftes van betogers wat in 2012 in opstand gekom het. Hy is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir spioenasie in 'n saak wat met gebeure in Katar verband hou. – Netwerk24/Reuters/BBC



Mosambiek



Weermag bekyk skermutseling op grens



Mosambiekse owerhede sal saam met die Suid-Afrikaanse weermag en polisie werk om te bepaal wat presies Sondag tydens 'n skietvoorval tussen Suid-Afrikaanse soldate en die Mosambiekse grenspolisie op die grens tussen die twee lande gebeur het.

Hoewel die weermag dit nie Maandag wou bevestig nie, blyk dit dat Suid-Afrikaanse soldate minstens twee lede van die Mosambiekse grenspolisie doodgeskiet het.

Die skermutseling het Sondag om ongeveer 16:00 naby die grens met KwaZulu-Natal gebeur.

Gerugte was eers dat die skietery iets met stropings te doen het, omdat dit vermoedelik naby die Ndumo-wildreservaat en Tembe-olifantpark, albei byna op die grens tussen die twee lande, gebeur het.

Polisiebronne sê egter dat smokkelaars, veral van gesteelde voertuie, ook baie aktief in die omgewing is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!