Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Skotland en Wallis

Skotland, Wallis stem teen Brexit

Skotland se parlement en Wallis se nasionale vergadering het Dinsdag besluit om nie die Brexit-ooreenkoms van die Britse regering te aanvaar nie.

Dit is die eerste keer dat hulle dit saam doen en dit dui op die krake in die koninkryk oor Brexit.

In die Britse referendum in 2016 om die Europese Unie (EU) te verlaat of nie, het die inwoners van Engeland en Wallis gestem om te gaan en Skotland en Noord-Ierland om te bly.

Sedertdien sê die Skotte en die Walliesers dat Theresa May, Britse premier, nie in haar ooreenkoms met die EU na hulle geluister het nie. Sy ontken dit.

May sukkel om veranderinge aan die Brexit-ooreenkoms aan te bring wat die parlement voor 29 Maart kan verenig.

Michael Russell, Skotland se minister van grondwetlike verhoudings, sê May se ooreenkoms sal groot en voortdurende skade aan werksgeleenthede, lewenstandaarde en openbare dienste veroorsaak en moet nie goedgekeur word nie.

“Die Britse regering moet ook ophou om die dreigement van ’n katastrofiese Brexit as daar nie ’n ooreenkoms is nie voor die parlement se kop te gooi in ’n poging om hul te oortuig om haar vernietigende planne te aanvaar,” sê Russell.

Die Britse parlement het die finale stem oor Brexit. – Netwerk24/Reuters

Engeland

3 ploftoestelle in Londen gekry

Drie tuisgemaakte ploftoestelle is Dinsdag naby groot vervoerpunte in Londen gevind. Die polisie glo die drie voorvalle hou verband met mekaar.

Die toestelle is in klein pakkies na geboue by of naby die Heathrow-lughawe, die Londen City-lughawe en die Waterloo-treinstasie gestuur, berig CNN.

Een van die pakkies het aan die brand geslaan toe dit oopgemaak is, maar dit was klein vlammetjies en kon gou geblus word.

Die metropolitaanse polisie se teenterreur-eenheid ondersoek die voorvalle.

Die Ierse polisie help met die ondersoek, berig SkyNews. Die pakkies het Ierse posseëls in die vorm van hartjies op met die boodskap “Love Eire N”.

Die ploftoestelle was “klein en tuisgemaak” en glad nie “gesofistikeerd” nie.

“Dit lyk in die vroeë stadium van die ondersoek of dit bedoel was om ’n klein brand te begin sodra dit oopgemaak word.”

Die nuus van moontlike Ierse betrokkenheid het mense in Ierland verbaas. “Die modus operandi pas nie by enige van die afvallige Ierse groepe nie,” het Stephan Murphy, SkyNews se Ierse korrespondent, gesê.

Op een van die pakkies is ’n afsenderadres van Bus Eireann, ’n busdiens in Dublin. ’n Woordvoerder van die diens het gesê hulle is nie bewus van die gebeure nie en die polisie het hulle nog nie gekontak nie, berig BBCNews. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!