Kort nuus – Internasionaal

Amerika



Grootste boerpot nóg gewen – US$1,6 miljard!



Iewers in Suid-Carolina is daar iemand wat Woensdag skielik US$1,6 miljard (sowat R23 miljard) ryker is.

Dié gelukkige mens was in die kol met die nommers vir die Amerikaanse Mega Millions-boerpot vir 'n uitbetaling wat 'n lotery-wêreldrekord is, het 'n beampte van die lotery Woensdagoggend gesê.

Die koper van die kaartjie het 'n kans van 1 uit 303 miljoen gestaan om dié Mega Millions te wen.

Die reeds enorme boerpot het ná Vrydag nog groter geword nadat niemand die US$1 miljard-prysgeld gewen het nie.

Kaartjies vir die Mega Millions word in 44 Amerikaanse state verkoop. In verskeie state kan kaartjies aanlyn gekoop word, maar kaartjies mag nie van buite die state gekoop word nie.

'n Persentasie van die lotery se kaartjiegeld word aan die staat gegee, wat die geld op sy beurt gebruik om regeringskole en ander behoeftiges te ondersteun. – Netwerk24/Reuters



Mexiko



Willa verswak tot tropiese storm



Die orkaan Willa is Woensdag deur meteoroloë na 'n tropiese storm afgegradeer nadat dit Mexiko van die Stille Oseaan se kant af getref het.

Dit is aanvanklik as 'n kategorie 3-storm geklassifiseer voordat dit aansienlik verswak het.

Volgens wkms sal hewige winde en stortreën voortduur namate die storm oor Mexiko beweeg voordat dit opklaar.

Reuters berig dat die orkaan bome aan die kus omgewaai en kragonderbrekings veroorsaak het. Geen sterftes is aangemeld nie. Die orkaan het Dinsdag die noordwestelike staat Sinaloa getref met 'n windspoed van 195 km per uur.

“Dit was regtig sterk,” het Cecilia Crespo, 'n polisiewoordvoerder in Escuinapa, een van die dorpies aan die Mexikaanse kus, gesê.

“Die storm het bome, lamppale en mure omgewaai en daar is nie elektrisiteit nie.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!