Kortnuus 1 Julie 2021
Kortnuus 1 Julie 2021

Kortnuus 1 Julie 2021

Dani Booysen
Rundu

Skote klap in aanklagkantoor

‘n Ondersoek is gelas nadat ‘n adjudant-offisier Maandag op drie verhoorafwagtendes in die polisiestasie op Rundu losgebrand het.

Twee skote het geval en al drie mans is gewond.

Hulle was glo aggressief en wou nie na die selle terugkeer nie. New Era berig die drietal het iemand gesoek wat vir hulle kos kon gaan koop.

‘n Saak van poging tot moord is geopen. Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, het die beampte se gedrag as “ongevraag” bestempel. - Nampa

Asab

Oudstes kry huise

Twee vroue ouer as 100 jaar het elkeen ‘n huis op Gibeon ontvang.

Volgens Hardap se streeksgoewerneur, eerw. Salomon April, wil die opheffingsprojek senior burgers se bydraes tot die land erken. “Ons probeer ons seniors se menswaardigheid herstel,” het hy Maandag tydens die seremonie gesê.

April het gesê almal ouer as 100 sal nog huise kry. Hy het die privaatsektor se ondersteuning gevra.

Ouma Mina Goeieman is 105 en ouma Hulda Isaack is 103 jaar oud. – Nampa

Swakopmund

Loongesprek eers later na die kus

Weens die Covid-19-pandemie is die sitting van die Lonekommissie wat op 5 Julie in Swakopmund sou plaasvind tot verdere kennisgewing uitgestel.

Die vergadering wat op 18 Junie op Otjiwarongo sou plaasvind is ook gekanselleer.

Volgens die kommissie se voorsitter, mnr. Marius Kudomo, sal die publiek oor nuwe datums vir besoeke aan die twee dorpe ingelig word. ‘n Tweede, afsluitende sitting sal ook later in Windhoek plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!