KORTNUUS
Singapoer
Geskil oor land se eerste vrouepresident
Singapoer het gister 'n voormalige speaker van die parlement as die mulikulturele stadstaat se eerste vroulike president benoem.
Kritici het hul ontsteltenis uitgespreek oor die diskwalifisering van ander kandidate in hierdie onbetwiste verkiesing.
Om inklusiwiteit te bevorder is die grootliks seremoniële pos van ses jaar vooraf vir kandidate uit die Maleisiese minderheid gereserveer. – Nampa/Reuters
Noord-Ierland vrees verliese weens Brexit
Belfast
Die Europese Unie (EU) ondersteun al baie lank pogings om die diepe verdeeldheid in Noord-Ierland te genees.
Baie mense aan beide kante van die godsdienstige kloof vrees wat sal gebeur as die EU die land weens Brexit moet verlaat.
Sedert 1998 het die EU sowat 1,5 miljard euro in die handhawing van vrede belê. “Dit is 'n baie broos situasie hier en in Westminster is daar blykbaar 'n gebrek om Noord-Ierland in ag te neem,” het me. Kate Clifford, direkteur van die Landelike Gemeenskapsnetwerk, gesê. – Nampa/Reuters
Skok en afgryse oor Diana-kunswerk
Engeland
'n Kunswerk wat hulde bring aan Diana, prinses van Wallis, is met skok en afgryse begroet, berig Sky News.
Dit is in Chesterfield, Derbyshire, onthul om die 20ste herdenking van Diana se dood te vier.
Maar die kunswerk, wat deur 'n groep vrywilligers gemaak is, is wyd op sosiale media gekritiseer. Party mense sê dit lyk soos die voëlverskrikker Worzel Gummidge of die veelbesproke standbeeld van Cristiano Ronaldo. – Netwerk24/Sky News

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie