Kortnuus 4 Augustus 2021
Kortnuus 4 Augustus 2021

Kortnuus 4 Augustus 2021

Dani Booysen
Rundu

Nog tente vir klaskamers

Twee nuwe skole in Kavango-Oos spring met die res van die skooljaar weg met ‘n tekort aan klaskamers.

Volgens die streek se direkteur van onderwys, mnr. Fanuel Kapapero, is die Junior Primêre Skool Siguruguru onwettig op grond gevestig waaroor Rundu se dorpsraad eers ‘n geskil moet oplos. Vir nou sal meer tentklasse hier opgeslaan word.

Bouwerk aan nuwe klaskamers is nog onderweg by die Laerskool Ngcove, wat tot ‘n gekombineerde skool uitgebrei moet word weens die groeiende aanvraag na opvoeding in die Ndama informele nedersetting. – Nampa

Mariental

Veediewe slaan byna daagliks toe

In die 2020-’21 boekjaar is 229 klagte van veediefstal in die Hardapstreek geboekstaaf.

Die misdaad kom dus gemiddeld elke tweede dag voor,

Goewerneur Salomon April het gesê 207 verdagtes is in verband met die klagte aangekeer. Byna 2 000 stuks grootvee is gebuit en kleinvee ter waarde van ‘n geskatte N$5 miljoen.

Vee wat teruggevind is se waarde beloop N$970 300.

In dieselfde periode is 105 mans en 17 vroue in 91 dwelmsake gearresteer. Dagga bly die gewildste onder oortreders.

Rehoboth rapporteer 49% van misdade in die streek. – Nampa

Rietfontein

Jeugdiens skool 350

‘n Groep van 351 jeugdiges het Vrydag hul sertifisering vir ses maande se burgerlike opleiding van die Nasionale Jeugdiens ontvang.

Die seremonie het by die sportstadion by Rietfontein in die Otjozondjupastreek plaasgevind.

Instrukteurs verbonde aan die weermag het die rekrute in dissipline, fiksheid en patriotisme opgelei.

Pres. Hage Geingob se boodskap, gelewer deur visepres. Nangolo Mbumba, was dat die kopskuif wat die opleiding veroorsaak ‘n goeie fondament vir verdere beroepsopleiding is.

Unice Daniel is as beste student aangewys. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!