Kortnuus

Jacqueline Louw
Ongwediva
Nampollede in sop oor beweerde omkoopgeld
Twee lede van Nampol is verlede Vrydag op Ongwediva in die Oshanastreek in hegtenis geneem omdat hulle na bewering omkoopgeld van lede van die publiek sou vra.
Ananias Hivute Iita en Erwin Kavela Nestor werk beide as kurators by die polisielykhuis op Tsumeb.
Na bewering het die twee onlangs ’n ongeïdentifiseerde motorfietsryer in die Omusatistreek voorgekeer. Toe hulle vasgestel het die persoon was nie in besit van ’n lisensie nie, het hulle glo ’n ongespesifiseerde bedrag omkoopgeld van hom gevra.
Die motorfietsryer het egter die voorval by die polisie op Ongwediva aangemeld, wat tot die inhegtenisneming van die twee gelei het.
’n Woodvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Edwin Kanguatjivi, het die twee se inhegtenisneming bevestig nadat hulle Maandag in die landdroshof op Oshakati verskyn het. Beide staan tereg op klagte dat hulle omkoopgeld van die publiek gevra het. Hul verhoor is tot 21 Julie uitgestel sodat die polisie hul ondersoek kan voltooi.
Die twee mans is op borgtog van N$1 000 elk uit. - Nampa

Oshakati
Meesterplan benodig meer geld
Me. Katrina Shimbulu, die burgemeester van Oshakati, het die regering versoek om die implementering van dié dorp se meesterplan behoorlik te finansier. Die meesterplan is bekend gestel nadat die dorp in 2008 oorstroom is.
Shimbulu het Dinsdag gesê die regering het net sowat N$41 miljoen vir die projek beskikbaar gestel, terwyl die totale koste daarvan na beraming N$1,8 miljard beloop.
Die projek sluit in die bou van vier brûe wat deel van ’n vloedwal moet vorm rondom Oshakati om oorstromings te voorkom.
Baie inwoners is weens die vloede verplaas, veral diegene wat in die informele nedersettings soos Oshoopala, Oneshila, Evululuko, Uupindi, Sky en Eemwandi gewoon het.
’n Brug is hierdie jaar by Okatana aan die buitewyke van Oshakati voltooi, maar Shimbulu glo dat die bestaan van die brug tot meer oorstromings sal lei indien die vloedwal en kleiner brûe nie bou word om dit te ondersteun nie.
“Die N$41 miljoen wat die regering opsy gesit het vir die meesterplan se implementering, is nie voldoende nie. Dit is net genoeg om die grond te diens waar mense, veral diegene wat geraak sal word deur die implementering van die projek, gehuisves sal word,” het sy gesê. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!