Kou00ebs-hoof uit pos geskors
Kou00ebs-hoof uit pos geskors

Koës-hoof uit pos geskors

Wat sy afdanking betref, sê die uitvoerende hoof, elke keer wat hy afwesig van die werk was, het hy dit vooraf met die raad se voorsitter bespreek.
Elizabeth Joseph
Elizabeth Joseph op Koës – Mnr. Ferdinand Swartbooi, 'n gemeenskapsaktivis, het die wenkbroue laat lig met sy opmerkings oor die onlangse afdanking van die Koës-dorpsraad se uitvoe­rende hoof, mnr. Willie Humphries.

Volgens Swartbooi is Humphries op 19 Oktober vanjaar onregverdig uit sy pos geskors met sy terugkeer van deernisverlof om sy oorlede ma te begrawe.

Swartbooi voer verder aan die brief wat deur die raadsvoorsitter, mnr. Johannes Janser, onderteken is, is gedateer 7 Oktober 2021, maar toepas­like prosedures het eers begin toe Humphries teruggekeer het. Redes wat aangevoer is vir die uitvoerende hoof se afdanking was dat hy vir altesaam 13 dae afwesig was en 'n gemeenskapsvergadering op 20 September asook 'n besoek aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling misgeloop het.

Janser het geweier om kommentaar te lewer en gesê die saak is sensitief en kan dus nie in hierdie stadium bespreek word nie.

Wat sy afdanking betref, sê Humphries, elke keer wat hy afwesig van die werk was, het hy dit vooraf met Janser bespreek. Hy het die tydperk tussen 4 en 8 Oktober, toe hy 'n aanheelhouersvergadering by die ouditeur-generaal (OG) se kantoor op Keetmanshoop bygewoon het, as sy eerste voorbeeld gebruik.

“Dit was 'n jaarlikse vergadering wat gehou is vir die streke se uitvoerende hoofde en rekenmeesters, wat terugvoer aan die plaaslike owerheid gegee het oor finansiële vordering en hoe dit verbeter kan word, en was dus verpligtend.

“Ek het 'n voorleggingsbrief aan die voorsitter geskryf waarin ek die belangrikheid van hierdie vergadering verduidelik het. Janser het geweier om hierdie brief te onderteken, miskien het hy dit nie goedgekeur nie, maar hy het geen rede vir sy weiering gegee nie,” sê Humphries.



TWEE KANTE VAN 'n SAAK

Humphries sê sy kant van die storie is nog nie gehoor nie en besluite is inderhaas geneem.

“Ek wil my pos terughê omdat die afdanking die arbeidswette van hierdie land oortree. Ons almal weet van die finansiële toestand waarin die dorp is, en wanneer ek regstappe teen die raad neem, sal dit dié toestand vererger,” het hy voorts gesê.

In 2019 is Humphries beskuldig van die wanbesteding van raadsfondse uit die gemeenskap. Die verontwaardigde gemeenskapslede het gedreig om die kwessie verder te neem as die raad nie vir Humphries afdank nie.

Janser het destyds as 'n gemeen­skapsaktivis gedien en aangevoer Humphries het versuim om 'n strafregtelike klag in te dien waarin hy 'n voormalige rekenmeester daarvan beskuldig het dat hy sowat N$10 000 uit raadsreserwes gesteel het en met 'n voertuig verdwyn het wat aan die raad behoort.

Me. Aloysia Esterhuizen is intussen as die waarnemende uitvoerende hoof aangestel, terwyl gesprekke oor die saak voortduur.

Swartbooi het 'n protesaksie begin en sal op 4 November 'n klagskrif aan die dorpsraad oorhandig.

Verdere verwikkelinge in die saak sal binnekort bekend wees.

[email protected]

FOTO
Die geskorste uitvoerende hoof van die Koës-dorpsraad, mnr. Willie Humphries. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!