Kos, liefde vir Keetmans se kwesbare kinders
Die personeel by die Dorcas Soup Kitchen maak 'n wesenlike verskil in behoeftiges se lewens.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop
Dorcas Soup Kitchen & Orphan Vulnerable Care is 'n veilige hawe vir kwesbare kinders wat op 10 Februarie 2010 deur Susanna Kruger, haar dogter, Abigail, en 'n vrywilliger, Helena Jantzen, gestig is.
Die toevlugsoord en sopkombuis is by Kruger se huis begin en het sedertdien na 'n kerkgebou verskuif vanweë die aantal kinders na wie sy deesdae omsien.
“Dorcas het aanvanklik as 'n sopkombuis begin en namate die aantal kinders vinnig toegeneem het, het ons die kinders van ons kerkgebou by die Church of Christ begin voer. Ek is 'n pensioenaris; my man is die enigste broodwinner,” het Kruger geantwoord op die vraag oor hoe hulle aan die gang bly.
Sy sê wanneer sy nie skenkings ontvang nie, gee sy vir die kinders kos uit haar eie sak. Kruger voorsien hulle ook van ander benodigdhede.
Hoewel hulle graag meer kinders wil help, kan hulle dit eenvoudig nie op die oomblik doen nie; hulle lewer wel kospakkies aan mense wat woon in gemeenskappe wat die ergste deur armoede getref word.
“Covid het baie beperkings meegebring en ek probeer my bes om die meeste mense te help waar ek kan,” het sy bygevoeg.
GELDSAKE
Dorcas geniet op die oomblik die ondersteuning van Namib Mills wat items soos pasta en mielies verskaf. Verder skenk Gondwana Collection ook vleis.
Volgens Kruger ontvang hulle geen hulp van die regering nie en hoop hulle steeds om die gemeenskap by die projek te betrek.
“Maar ons woon in 'n baie behoeftige gemeenskap waar inwoners letterlik niks het om te gee nie, selfs nie as hulle sou wou nie. Ons het ook hulp ontvang van Charles Platt van die Maatskaplike Voorsorgfonds, wat altyd vir ons tyd maak en aan ons projek skenk,” het Kruger gesê.
Die projek voed en help tans meer as 100 kwesbare kinders, waarvan die meeste tussen drie en 16 jaar oud is.
“Sedert die heropening van skole op 26 Mei is Dorcas weer aan die gang en ons hou by die regulasies,”sê Kruger.
“Ons berei nog sop voor wat weggeneem kan word. Met die winter wat nou hier is, het ons gedink minder kinders sou opdaag, maar hulle kom steeds in volle getalle.”
Dorcas berei ook kospakkies voor vir spesifieke huishoudings waar hulle weet die ouers werkloos is.
“Ons doen dit in 'n poging om armoede tot 'n sekere mate te probeer verlig. Ons ondersteun ook 'n kankerpasiënt,” sê sy.
Intussen vra hulle die publiek vir skenkings van enige aard.
“Die meeste kinders word onderrig by die primêre skole Mina Sachs, Don Bosco en St. Marthias. Ons berei nog steeds die sop buite op die vuur voor. Elektrisiteit is duur; so ons probeer regkom met wat ons het.” Hulle hoop steeds om in die toekoms die projek verder uit te brei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie