Kosbare Torahrolle in brand by sinagoge vernietig
Handgeskrewe Torahrolle wat in die Beit Midrash Morasha-sinagoge in Seepunt gehuisves is, is in Dinsdagaand se brand, wat die gebou in puin gelê het, vernietig.
Die Torah (Joodse Bybel) bevat die eerste vyf boeke van die Ou Testament.
Rael Kaimowitz, voorsitter van die Kaapse Joodse Raad, het Woensdag gesê die Torah word as die Joodse geloof se heiligste en kosbaarste item beskou.
Hy het gesê ondanks die dapper pogings van die Kaapse brandweer is die hele gebou in puin gelê.
“Die Kaapstadse brandweerdiens sal ondersoek instel. Die oorsaak is nog nie bepaal nie en ons vermoed geen misdaad nie,” het Kaimowitz gesê.
Kaimowitz het gesê hulle is innig dankbaar dat daar geen lewensverlies was nie. “Die sinagoge was gelukkig reeds vir die aand gesluit.”
Volgens hom is die sinagoge in 1953 by die NG Kerk gekoop. “Dit is nou die tuiste van ’n jong, moderne ortodokse Joodse gemeenskap.”
BAKEN VAN HOOP EN LIG
Hy sê die sinagoge is vir baie mense ’n baken van hoop en lig in Seepunt en is deel van ’n ryk, wydverspreide godsdienskring in Kaapstad uit die 1980’s.
Kaimowitz sê die leierskap van die Beit Midrash Morasha-sinagoge sal soos hulle die tragiese situasie verwerk, die skade bepaal en dan besluit op die beste pad vorentoe op kort, medium- en lang termyn vir die gemeenskap.
Hy sê die eenheid en liefde van die breë Joodse gemeenskap, en die ondersteuning wat hulle van ander godsdiensgroepe in Kaapstad kry, staan vir hulle uit.
“Dit is vir ons so goed om te sien, soos voorheen al bewys is, dat Suid-Afrikaners selfs in donker tye saamstaan om uitdagings te oorkom. Die Beit Midrash Morasha-gemeenskap sal met die hulp van God herbou en aanhou groei, ook in sy leierskap. Daaraan hoef ons nie te twyfel nie,” het Kaimowitz gesê.
’n Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het die voorval Dinsdag bevestig. Hy het gesê geen klag is by die polisie ingedien nie.
Theo Layne, woordvoerder van die Kaapstadse brandweerdiens, het gesê hulle het kort voor 23:00 op die brand gereageer.
“22 brandweerbeamptes, vier brandbestrydingsvoertuie, sowel as ’n hyskraan en ’n reddingsvoertuig, is na die toneel.” Hy het gesê die brand is kort voor 02:00 geblus. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie