Koshuislewe bekyk in nuwe versamelbundel
Noem die woord “koshuis” en menige Afrikaanse mense sal vandag met nostalgie (en ’n rilling of twee) aan die mymer raak.
Skool- en universiteitskoshuislewe is deel van die volk se DNS soos vleisbraai en stry oor goeie losskakels.
Vir Erns Grundling – van Elders-faam – was dit sulke vertellinge van ’n vriend van dié se stoute skoolkoshuisdae wat die saadjie vir ’n bundel verhale oor epiese koshuis-insidente gelei het.
Tyd en ’n besige werkskedule by Weg! het altoos die projek na die agtergrond geskuif. Maar ná die sukses van Elders het hy sy uitgewer genader, waarna die konsep vir ’n versameling koshuisverhale deurgetrap is.
Die eindresultaat is Koshuis, ’n bundel stories uit verskeie tydperke van ons geskiedenis. Daar is hedendaagse ervarings, maar ook vertellings uit toeka se romanties-naïewe dae. Die meeste is pittige insidente, voorbeelde van die vernuf en verbeelding waarmee net ’n ledige student vorendag kan kom.
Maar alle perspektiewe op die koshuislewe word gedek. Dana Snyman se verhaal kom uit die belewenis van ’n senior wat (te) streng teenoor ’n nuweling optree. Florence de Vries beskryf haar ervaring as bruin student in ’n wit omgewing.
Die verhale is eg, verbeeldingryk en ryk aan vanmelewe se tradisies – sonder om te erg met nostalgie om te gaan.
Koshuis (uitgegee deur Quillerie, R260) word op 7 Maart, om 15:30 in die ATKV Boeketent by die US Woordfees bekend gestel. Beer Adriaanse sal in gesprek tree met Erns Grundling en twee medebydraers tot die bundel, Marco Botha en Mercy Kannemeyer.
Sien vir Erns ook by die KKNK in gesprek met Dana Snyman en Pieter van Zyl op 23 Maart in Oudtshoorn.
*Marnus Hattingh is een van die bydraers tot Koshuis. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie