Kospakkies vir Ovahimbas

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Sowat 1 700 Ovahimba-­inwoners het elk 'n kospakkie ter waarde van N$4 000 ontvang.

Mnr. Sandie Tjaronda, ­uitvoerende hoof van die Namibiese Netwerk vir Vigsdienste-organisasies (Nanaso), het saam met die Chinese Loving Hearts-organisasie kospakkies by die Herero Mall in die hoofstad uitgedeel.

Tydens die oorhandiging het Tjaronda gesê die stigting dra die belange van die bevolking op die hart en hulle help waar hulle kan. Hy het voorts gesê die Himba-mense het om verskillende redes van die Kunenestreek af gekom om hulself in die hoofstad te vestig.

Hy het 'n beroep op belanghebbendes gedoen om te help om die lewensomstandighede van dié mense te verbeter.

“Help gemeenskappe in nood,” het hy gepleit.

Tydens dieselfde geleentheid het mnr. Jabulani Ndeunyema, voorsitter van die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet), gesê die mense moet gesondheidsbewus gemaak word.

Die kospakkies het onder meer geblikte vis, geblikte vleis, mieliemeel, broodmeel en visolie ingesluit.

Tydens die oorhandiging het mnr. Zack Kavari, Nanaso se geldinsamelingsbestuurder, lede van die Himba-gemeenskap geleer hoe om kondome te gebruik om die verspreiding van MIV/vigs te keer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!