Kraglyn vanaf Suid-Afrika skop af
Kraglyn vanaf Suid-Afrika skop af

Kraglyn vanaf Suid-Afrika skop af

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Sowat twee maande nadat Namibië in April ’n algehele kragonder­breking beleef het, was die grootste deel van die land gister wéér vir ’n tyd lank sonder elektrisiteit.
Die kragonderbreking gister om 13:27 het plaasgevind toe die vloei van elektrisiteit op die 400 kV Aries/Kokerboom-transmissielyn onderbreek is. Dit is die kraglyn waarmee Namibië elektrisiteit vanaf Eskom in Suid-Afrika invoer.
NamPower het later die middag in ’n verklaring gesê toe dié lyn afskop, het dit ’n rimpeleffek gehad wat twee ander transmissielyne asook ook twee kragopwekkers by onderskeidelik die Ruacana- en Van Eck-kragstasie laat afskop het.
“Die oorsaak van dié onderbreking word nog ondersoek,” het NamPower­ gesê.
Die krag was in Windhoek vir sowat ’n halfuur lank af en het groot verkeersopeenhopings tydens die middag-­spitsverkeer veroorsaak. Die elektrisiteitstoevoer is eers na die sentrale dele en toe in fases na ander dele van die land herstel.
Mnr. Kahenge Haulofu, waarnemende besturende direkteur van NamPower, sê in die nasionale kragvoorsiener se 2015-jaarverslag altesaam 64% van die totale elektrisiteitsvloei van 4 242 gigawatt-uur (GWh) moes verlede jaar ingevoer word.
Hy sê daarin die tekort aan elek­trisiteit in die streek in 2015 was ’n enorme uitdaging en dié situasie sal voortduur totdat Namibië ’n nuwe kragstasie vir aanvangsladingopwekking opgerig het.
Die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, het egter by meer as een geleentheid die af­gelope jaar die versekering gegee dat Namibië nie deur beurtkrag geraak sal word nie en dat die ligte sal aanbly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!