Kragtorings waai om
Twee van NamPower se kragtorings is Maandag naby Vergenoeg in die Usakos-omgewing deur ’n sterk wind- en haelstorm omgewaai. Volgens me. Tangeni Kambangula, ’n NamPower-woordvoerder, het dit die kraglyn tussen die Khan-substasie en die Rössing-substasie geraak, wat krag aan die Rössing-uraanmyn verskaf. Kragtoevoer na die myn is egter nie hierdeur onderbreek nie, omdat die tweede kraglyn van die Lithops-substasie na die Rössing-substasie nie geraak was nie. “Die twee torings het in ’n bergagtige gebied omgeval, wat moeilik is om te bereik. NamPower-werkers werk egter onverpoos om dié twee torings en die kragtoevoer te herstel,” het sy gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie