Kêrel in hof oor moord
Francoise Steynberg - ’n Vrou se 45-jarige kêrel is gister (Maandag) in verband met haar moord die naweek in Sewende Laan in die Otjomuise-woonbuurt in die hoofstad in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder, insp. Kauna Shikwambi, het drie mense - die vrou, haar Namibiese kêrel en haar Suid-Afrikaanse buurman (56) - tot in die vroeë oggendure van Saterdag saam in haar huis in Otjomuise gedrink.
“'n Argument het glo tussen die vrou en haar kêrel ontstaan en die kêrel is gesien die huis met sy besittings verlaat," het Shikwambi gesê.
"Die buurman, wat ook in die huis geslaap het, het glo Saterdagoggend wakker geword en die vrou met veelvuldige steekwonde oor haar liggaam en bloed op die vloer gevind. Die buurman het ook steekwonde aan sy arms, maag en rug gehad."
Volgens Shikwambi kon die buurman glo nie onthou wat gebeur het, of hoe hy die steekwonde opgedoen het nie, aangesien hulle onder die invloed van drank was.
Die oorledene, oorspronkllik van Rehoboth, se naasbestaandes is nog nie van haar dood ingelig nie.
"Niemand het haar al kom uitken nie," het Shikwambi gesê.
Die verdagte sal vandag (Dinsdag) in die landdroshof in Katutura verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie