Ku00earel verwurg glo swanger vrou met skoenveter
Ku00earel verwurg glo swanger vrou met skoenveter

Kêrel verwurg glo swanger vrou met skoenveter

‘n Man het na bewering sy meisie vermoor en toe haar liggaam onherkenbaar verbrand.
Kristien Kruger
Verskeie grusame voorvalle van moord, poging tot moord en selfdood het vanaf Donderdag in Namibië voorgekom.

’n Swanger vrou is Donderdag in Etoshapoort op Outjo na bewering deur haar kêrel met ’n skoenveter verwurg waarna hy haar liggaam onder ’n bed weggesteek het.

Volgens ’n polisieverslag het die 39-jarige oorledene glo vir die verdagte gesê hy is nie die pa van haar ongebore kind nie.

“Die verdagte het homself in dieselfde kamer waarin hy die oorledene vermoor het met ’n tou gehang en ’n selfdoodbrief in die kamer gelos,” lui die verslag.

Die verdagte is glo op borgtog op twee onverwante klagte van diefstal met verswarende omstandighede waartydens ’n slagoffer vermoor is en ’n klag van poging tot moord.

SELFDOOD OOR YS

‘n 34-jarige man het homself Saterdag omstreeks 13:00 in die Drimiopsis- informele nedersetting met ’n skoenveter opgehang ná hy en sy meisie glo in ’n kroeg gestry het omdat sy ys met ’n ander man gedeel het.

Volgens die verslag het die rusie aangehou tot hulle by die huis gekom het waar hy haar met ’n spies probeer steek het. Sy het die spies gegryp en dit het glo in ’n stoeiery ontaard.

Sy kon glo daarin slaag om met hulle kinders na haar tannie se huis te vlug. Hy het volgens die verslag na haar tannie se huis gegaan en haar gevra om terug huis toe te kom, maar sy het geweier.

“Die oorledene het haar ingelig ’n familielid het hom by die polisie aangemeld en dat hy enige oomblik in hegtenis geneem sal word. Hy het gesê sy moet na die kinders omsien,” lui die verslag. Hy is later die dag gevind waar hy homself aan ’n boom opgehang het.

VROU ONHERKENBAAR VERBRAND

’n Vrou is na bewering deur haar kêrel vermoor waarna hy die kroeg waarin haar liggaam was, aan die brand gesteek het. Volgens die verslag was die oorledene se liggaam onherkenbaar verbrand.

Die voorval het Donderdag omstreeks 02:30 by Okapeleki Business Point in die Othilu- informele nedersetting naby Epembe plaasgevind. Volgens die verslag is die verdagte in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!