Krisis dreig in Hongkong
Krisis dreig in Hongkong

Krisis dreig in Hongkong

’n Nuwe politieke krisis dreig in Hongkong deurdat inwoners in die strate teen ’n uitleweringswet aan China betoog het.

Meer as halfmiljoen inwoners van dié voormalige Britse kolonie het Sondag die strate ingevaar oor die uitleweringswet, ingevolge waarvan verdagtes aan China uitgelewer kan word om verhoor te word.

Dit is selfs groter as die betoging in 2003 teen strenger sekerheidswette, wat daartoe gelei het dat die beleid omgekeer is en ’n senior amptenaar moes bedank.

Die teiken van die jongste betoging is Hongkong se regeringshoof, Carrie Lam, en haar amptelike steun uit Beijing.

Hongkongse leiers word nie deur die algemene publiek verkies nie, maar deur ’n komitee bestaande uit sowat 1 200 mense, van wie die meeste pro-China is.

Hongkong word ingevolge die beginsel van “een land, twee stelsels” regeer. Dit behels dat China Hongkong semi-onafhanklike status gegee het toe Brittanje se koloniale beheer van die land in 1997 beëindig is.

CHINESE INMENGING

Sedertdien was daar talle opstande teen Chinese inmenging in Hongkong.

Die veteraan-demokraat James To het die skare Sondagaand buite die parlement en die regering se hoofkantoor toegespreek en gesê Lam moet die wetsontwerp terugtrek en bedank. “Die hele Hongkong is teen haar.”

Duisende mense het nog na die parlement gestroom nadat die betoging reeds sowat vyf uur lank aan die gang was.

Teen Maandagoggend het die betogers met die polisie slaags geraak toe hulle die gebou van die wetgewer wou inval en op die polisie afgestorm het. Die polisie het die betogers met pepersproei gespuit.

Die dooiepunt is in die vroeë oggendure besleg toe inwoners teruggekeer het huis toe.

Die betogings kan Maandag egter vermoedelik voortgesit word nadat Lam aangedui het dat sy met die beoogde wetgewing sal voortgaan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!