Kudus herwin titel by Day of the Dolphin

Klubrugby
Andrew Poolman
Des Erasmus en Nampa - Die Vineta-sportstadion in Swakopmund was stampvol in waarskynlik die grootste rugbybyeenkoms van die jaar by die kus, toe ''n paar klubspanne Saterdag sake in die Day of the Dolphin uitgespook het.

Kudus rugbyklub van Walvisbaai het die jaarlikse toernooi ingepalm en het sodoende met ''n wisseltrofee en die kontantprys van N$10 000 weggestap.

In die finale wedstryd het Kudus met 10-5 teen die Tisan-span (Tersiêre Institute Sportvereniging van Namibië) van Windhoek gewen.

Kudus het vroeër sy halfeindstryd teen Dolphin met 10-7 gewen, terwyl die studentespan uit die hoofstad vir Rehoboth in ''n harde semifinaal met 3-0 uitgeskakel het.

In die verkorte wedstryde het al die spanne in winderige toestande hul hardlooprugby uitgestal.

Kudus se afrigter, Donovan Paulse, het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê: “Dit is die vierde keer dat ons klub die trofee wen. Verlede jaar was ek nie die afrigter toe ons die beker aan St. Lou afgestaan het nie, maar nou het ons hom weer huis toe gevat.”

Kudus se vorige wenjare was in 2012, 2013 en 2014.

Paulse sê hy is bly dat die span gewys het hulle kan meeding en wen.

“Soos enige ander afrigter skerp ek dissipline by my spelers in. Dit is hoekom jy kon sien die wedstryde het ordelik verloop. Ek is baie opgewonde dat ons gewen het.”

Tisan het vir sy tweede plek ''n tjek vir N$6 000 opgeëis.

Die gasheerklub Dolphin van Swakopmund en Rehoboth Rugbyklub het onderskeidelik die pryse vir die derde en vierde plekke ingeoes, wat N$4 000 en N$2 000 werd was.

Chad Plato, belowende jong heelagter van Kudus, is as die speler van die toernooi aangewys.

Die ander deelnemende spanne was die Eastern Bulls van Gobabis, Walvisbaai rugbyklub, Dolphins II en Rehoboth II.

In die toernooi se openingstoespraak het Ralph Bussel, oudspeler van Dolphin, die spelers aangemoedig om tot die sport verbind te bly en indien moontlik ''n inkomste uit die spel te verdien solank hulle kan.

“Julle is gelukkig om deesdae oefentoerusting en afrigtingstegnieke te hê waarvan julle die volle voordeel moet ontgin. Toe ons dertig jaar gelede gespeel het, was daar nie stadions met grasvelde of moderne toerusting nie. Julle is bevoorreg en moet dit waardeer,” het Bussel gesê.

Dolphin rugbyklub het die toernooi gereël met SBS Trucking, Cross Road Car Sales en Eagles Night Watch as sy hoofborge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!