Kuns onder water
Kuns onder water

Kuns onder water

Anneli Erasmus
Aangrypende tonele in die koraalriwwe van die see het ’n groot indruk op JP Theron, ’n kunstenaar van die kus, gemaak. Dit het sy gedagtegang geprikkel dat onderwaterse tonele onder die water geskilder moet word. Toe het hy eers tuis met eksperimente met kleur onder die water begin. Nadat die nodige verlof verkry is, het hy verder in die tenks van die Swakopmundse akwarium geëksperimenteer. Ook dit het gewerk. Toe is toestemming van die ministerie van visserye gekry om onderwaterkuns in die akwarium te beoefen. Volgens Theron kan dit gelyktydig vir besoekers aan die akwarium as ’n les in fisika, die wetenskap en kuns wees. Vir sy werk is op die natrek van ’n skildery van Vincent van Gogh besluit. Steeds in samewerking met die owerheid het JP toe Donderdag sy kuns in die akwarium beoefen vir almal om te sien. Terwyl hy besig was het ’n tweede helper soos hy in ’n duikerspak ’n volledige opname van die eerste so ’n uitoefening van die skilderkuns hier te lande gemaak.
Die foto is deur Anneli Erasmus geneem waar JP met sy unieke kunswerk besig was.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!