Kunstenaar praat prontuit oor GBV
Kunstenaar praat prontuit oor GBV

Kunstenaar praat prontuit oor GBV

Yandi Du Plessis
Die Project Room-galery bied vandeesmaand die kunstenaar Trianus Nakale se Speak Out-uitstalling aan.

Nakale praat reguit deur ’n kombinasie van illustrasie en teks in Speak Out, sy tweede solo-uitstalling.

Hy besin deur sy gunstelingmedium – ink en papier – oor die wreedhede wat daagliks die hoofopskrifte op sosialemediaplatforms, radiostasies en die koerante haal en onmiskenbaar deel van ons alledaagse lewens is.

Nakale se kompromislose uitbeelding van geslagsgebaseerde geweld (GBV) het ten doel om mense se oë oop te maak en ons te herinner aan die maatskaplike euwels wat gedurig in ons gemeenskappe kop uitsteek.

Hy moedig mense aan om nié stil te bly wanneer hulle weet van voorvalle van mishandeling nie, om weer te dink oor sekere waardes en standaarde waaraan ons gewoond geraak het, en mekaar te ondersteun ??om positiewe verandering mee te bring.

In sy eie woorde: “Ek wil hê vroue en kinders moet vry en veilig in hierdie land kan woon – ’n mensereg wat op die papiere van ons Grondwet gewaarborg word, maar in werklikheid ver van die waarheid is.”

DIE KUNSTENAAR

Nakale is in 1986 in Ekoka in die Ohangwenastreek gebore. Hy was deel van ’n groot gesin wat sy talent en passie ondersteun het. Hy het in 2011 na Windhoek verhuis om aan die College of the Arts (Cota) te studeer. Nadat hy ’n diploma in beeldende kunste behaal het, het hy sy hoër diploma aan die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf.

Die Speak Out-kunsuitstalling kan van môre tot Saterdag 25 September besigtig word. Die Project Room-galery is in Jennerstraat 32 in Windhoek-Wes geleë, en is Dinsdae tot Saterdae van 10:00 tot 13:00 oop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!