Kus kry nuwe suurstofaanleg
Kus kry nuwe suurstofaanleg

Kus kry nuwe suurstofaanleg

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – Die bou van ‘n suurstofaanleg duur gewoonlik ‘n paar maande, maar dié aanleg is slegs in 10 dae gebou.

Altesaam 80 pasiënte kan suurstof by die fasiliteit ontvang. Die fasiliteit wat in ‘n vraghouer gehuisves is, is plaaslik vervaardig.

Volgens mnr. Knowledge Ipinge, raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, is die aanleg in Windhoek ontwerp en gebou.

“My kantoor het in samewerking met die Welwitschia-hospitaal en ander belanghebbendes vir African Gas Solutions genader om die aanleg te bou,” het hy gesê.

Die uraanmyn Rössing Uranium Limited het die aanleg teen ’n koste van N$4,5 miljoen gefinansier.

Volgens Ipinge kan die aanleg 436 liter suurstof per minute vervaardig. Die aanleg is langs die staatshospitaal se tuberkulose (TB)-saal opgerig. Die saal is met beddens en ander toerusting toegerus, sodat die Erongostreek se Covid-19-pasiënte daar versorg kan word.

“Sou die aanvraag na beddens styg kan nabygeleë motorhuise met beddens toegerus word, dan sal daar altesaam 60 beddens beskikbaar wees.”

Die bou van ‘n nuwe veldhospitaal naby die TB-saal is voorlopig gestaak.

“Nog ‘n suurstofaanleg kan ook daar opgerig word as dit nodig is,” het die besturende direkteur van Rössing Uranium, mnr. Johan Coetzee, gesê.

Die bou van ’n veldhospitaal sal voortgesit word wanneer die aantal Covid-19-pasiënte drasties toeneem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!