Kusspan vat nie nonsens van Binneland
Rolbal
Die rolbalgroep genaamd die Shrikes het laas naweek 'n kompeterende, dog vriendskaplike botsing tussen die Binneland- en die Kusspan by die Rössmund-baan op Swakopmund aangebied.
Die Shrikes is mans wat Namibië by minstens drie geleenthede in internasionale toernooie buite die landsgrense verteenwoordig het. Laas naweek se toernooi is danksy 'n ruim borgskap deur Tara Nawa Computer Software Solutions van Swakopmund moontlik gemaak.
Agtien spelers van die kus is uitgesoek om teen die top-18 van die Binneland mee te ding. Met die verdeling in spanne van drie elk was daar dus ses spanne aan elke kant.
Die formaat van die kompetisie was driespel, oor vier rondes, en elke wedstryd oor sewe kere na elke kant van die baan.
Daar was ook verdere kinkels soos die “kragspel” waartydens elke span met spel na een kant van die baan hul punte kon verdubbel indien hulle daardie stukkie spel gewen het. Indien die opposisie egter sou wen, het die span met die kragspel geen punt verdien nie.
Die kusspan het die kompetisie sodanig oorheers dat die topses spanne op die finale puntelys almal van die kusstreek afkomstig was, terwyl die binneland met die onderste ses posisies tevrede moes wees.
Die drie beste spanne in die kompetisie was:
1 Steven Peake, Norene Liebenberg en André Campbell.
2 Tollie Cronje, Avril Kotze en Kobus van Mollendorf.
3 Ian Crawford, Lynne Lindsay-Payne en Yvonne Booysen.
In haar samevatting van die toernooi het die ervare voormalige nasionale speler Lynne Lindsay-Payne gesê: “Ek het dit baie geniet; dit is altyd 'n fantastiese toernooi. Die kompetisie word ernstig gespeel, maar die kameraderie tussen die spelers is altyd goed.”
Jenny Gardiner, skakelbeampte van die Namibiese Rolbalvereniging (NBA) sê: “Ons is altyd dankbaar vir enige borgskappe en daarom spreek die NBA sy waardering uit teenoor Tara Nawa vir sy ruimhartige steun vir die naweek se kompetisie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie