Kyk self en lig jouself in
Augetto Graig – Wat vir die een klaarblyklik voor die hand liggend is, is vir die ander onduidelik, raaiselagtig of net duister.
Nou verbeel jou net die ander een weet nie eens daarvan nie! Dit is die ondenkbare werklikheid waarin te veel Namibiërs lewe en op die oomblik is dit nog veel erger weens die opskorting van NBC se radio-uitsendings vir inheemse tale.
Radio is steeds die eerste bron van inligting en nuus vir die oorgrote meerderheid van plattelandse en ouer Namibiërs en dit moet binne die konteks van ’n wêreldwye omhelsing van die internet as ’n tragedie beskou word.
Dit is nie asof hulle radio-uitsendings op hul slimfone kan luister nie. Neé, die radio moet steeds net so geplaas word om die sein mooi op te kan vang. Dis nou toe daar nog ’n sein was.
Die ding van die internet is dat dit inligting bevat. Nie al die inligting is waar, of met goeie bedoelings geplaas nie, maar dit is als deel van ’n nuwe tipe lewe, wat nou moontlik is.
Namibiërs word oor die algemeen uitgesluit. Wat weet Jan Alleman van die SpaceX-vuurpyle wat 30 satelliete op ’n slag tot in hul wentelbane om die aarde lanseer en weer terug keer om veilig te land?
Daar is glo dorpies waar niemand van ’n entstof teen Covid-19 weet nie! Die pandemie, die doodsdreigemente van ’n vreemde siekte, die donker wolk wat bo die kop van die wêreldekonomie hang, is maar ’n verre gerug daar diep in die bosveld.
Vir my is dit so eenvoudig om te sien dit behoort nie meer so te wees nie.
Ja, in die ou dae was Namibië so ’n verlate plek dat die res van die wêreld werklik onbelangrik was. Dit is die verlede. Ons moet dit agter ons los. Ons moet nou lewe, en uitsien na môre! Hoe gemaak as ons mense nie eens weet wat nou aangaan nie.
’n Sinkgat kon onder Windhoek ontstaan het en die hele stad “insluk” en op Garies sal dit weke neem voor die nuus hulle bereik.
So afgesny van die res van die land en wêreld kan ons nie aanhou lewe nie. Dit moet verander.
Die regering het reeds die mandaat om dit te verander. Ongelukkig sukkel die regering oor die algemeen, en min van ons kan bekostig om vir hulle te wag om die regte ding te doen. Begin waar jy is, gebruik wat jy het en doen wat jy kan. Lig jouself in.
Kom ek stel dit so: In enige situasie is dit moontlik om só op te tree dat die beste moontlike uitkoms ’n werklikheid word, maar slegs as jy weet wat om jou gebeur.
Weet jy wat om jou aangaan? Kyk bietjie rond. Vra ’n paar vrae. Luister tot die persoon klaar praat. Versamel inligting oor jou belange en oorweeg die impak daarvan. Neem ingeligte besluite.
Die wêreld verander en daarmee kom nuwe dinge wat jy kan geniet of wat vir jou in die moeilikheid kan laat beland. Een ding is verseker, dit is interessant. Leer gerus bietjie meer. Gaan kyk self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie