Kyk verby die weerlig
Kyk verby die weerlig

Kyk verby die weerlig

Dani Booysen
Die hele petalje oor drie vermiste elektroniese stemmasjiene (EVM's) opper belangrike vrae.

Oor die Verkiesingskommissie (ECN) se bevoegdheid, hul beweerde kop-in-een-mus verhouding met Swapo en die heel belangrikste: deursigtigheid.

As die saak twee jaar gelede openbaar gemaak is, sou die publiek waarskynlik in 'n kits die toestelle help opspoor het. Só lank na die tyd gaan verduidelikings verdag lyk.

Om steeds aan te voer die ondersoek kan beduiwel word, is bog. Of 'n saak by die polisie gemaak is, blyk onseker.

Die minister van justisie (des­tyds prokureur-generaal), mnr. Sacky Shanghala, weier eers om 'n woord te rep en dan aanvaar hy volle verantwoordelikheid. 'n Baie senior Swapo-stem, dalk dié van pres. Hage Geingob self, het miskien in die jong politikus se oor gefluister?

Ook moet 'n mens verby die weerlig en donder kyk. Daar is 'n groter kwessie ter sprake, naamlik vrae oor die integriteit van die elektroniese stemproses – spesifiek in die afwesigheid van 'n papierspoor.

Opposisiepartye het vyf jaar gehad om die strydpunt op te klaar. Die verskoning dat nie almal bereid was/is om 'n hofgeding hieroor te help finansier nie, is meer as flou. 'n Beginselsaak verg optrede, nie net oneindige klaagliedere nie.

Gegewe die SADC se beleid van nie-inmenging is 'n beroep op die streekliggaam om in te gryp waarskynlik doodgebore. Buiten dat dit eers in beseringstyd kom. Selfs midde kritieke vrae sal Swapo die affêre maklik as maar net nog reaktiewe suur druiwe kan verwerp.



So sê ander

27 Oktober 2019



A Surveillance State



The government of Pakistan is keen on monitoring online traffic.

Despite many criticisms of the regime established under the Prevention of Electronic Crimes Act 2016, the government, it seems, is adamant to carry on as it wishes.

That government wants to gag dissent in the country is now an open secret.

How can the government collaborate with a firm that has a chequered ethical history? Only last year the firm (Sandvine) was blamed for its Deep Packet Inspection (DPI) equipment being used by many states to block political, journalistic and human rights content.

All such actions of the government are transforming the country into an Orwellian State.

The government needs to rethink the whole exercise, for going for monitoring internet traffic will result in a violation of citizens' rights to privacy, expression and information to name a few. Especially after the Cambridge Analytica scandal, the government should be aware of the cons of sharing its citizens' data with technology companies.

It is the job of the opposition parties and civil society to put pressure on the government to give up on such a dangerous expedition of curtailing civil liberties.

• THE NATION

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!