Kyle Kriel wen Wanderers Junior Ope titel
Muurbal
Wanderers muurbalklub het laas naweek ná 'n onderbreking van nagenoeg tien jaar sy eerste Wanderers Junior Ope met groot sukses aangebied.
Die toernooi is verdeel in twee kategorieë – een vir die beginners tot die ouderdom van 10 jaar en die ander vir die meer gevorderde spelers wat meestal tussen 13 en 19 jaar oud was.
Dit was opwindend om te sien hoe die jong talent deurkom nadat Wanderers en die klub se afrigter, Sean Wathen, baie hard oor die afgelope twee jaar gewerk het om sy juniors te ontwikkel.
“Sean Wathen is loshande die beste muurbalafrigter in die land. Dit is duidelik as jy kyk na die getal juniors by die klub en hoe goed hulle op die baan vaar,” sê die klub se voorsitter Steven Berry.
In die gevorderde groep was talent soos Lida-Marie Calitz, wat as 16-jarige reeds in die topdrie vrouespelers in Namibië is. Nog 'n voorbeeld is Kyle Kriel, ook 16 jaar oud en een van die drie topgekeurde manspelers in die land.
Die mikpunt van die toernooi was nie net om te sien wie die beste juniors in Namibië is nie, maar ook om die kinders bloot te stel aan die atmosfeer van 'n kompeterende toernooi. Selfs die paar seuns wat kaalvoet gespeel het, het in 'n mededingende omgewing vir baie opwinding gesorg.
“Die belangrikste is dat hulle die kans gehad het om pret te hê en dat 'n liefde vir die sport tuisgebring word,” sê Berry.
Al die beginners het toekennings vir deelname ontvang, maar die uiteindelike wenners in dié klas was Nicolas Deckenbrock (eerste), Timoteus Deckenbrock (tweede) en Daniel Gouws (derde).
In die gevorderde junior afdeling, was die sterk sportmangees tussen twee van Namibië se sterkste juniors, Kyle Kriel en Arno Diekmann, een van die hoogtepunte. Kyle Kriel het die kampioenskap gebuit, met Arno Diekmann tweede en Ryan Gruhn (Walvisbaai) derde.
Wanderers muurbalklub het 'n ware middelpunt vir die groei van muurbal in Namibië geword, en daar is deurentyd gesonde getalle juniors wat deurkom.
Enigiemand wat by die klub wil aansluit of hul vaardigheid op die muurbalbaan wil verbeter, kan Wanderers besoek en met afrigter Sean Wathen gesels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie