Laaste CLaSH-kalender bekend gestel
Laaste CLaSH-kalender bekend gestel

Laaste CLaSH-kalender bekend gestel

Maria Eiseb
Maria Eiseb



Die Vereniging vir Kinders met Taal-, Spraak- en Gehoorgestremdhede in Namibië (CLaSH) het die finale weergawe van hul 2018-­kalender in die hoofstad bekend gestel.

By die geleentheid het me. Heidi Beinhauer, CLaSH se direkteur, gesê dit is die laaste keer dat die kalender gedruk sal word met sowat N$55 000 se ondersteuning van die Padfonds­administrasie (RFA).

Beinhauer het gesê die eerste twee uitgawes kon die vereniging self finasier, maar daarna moes hulle hulp inroep. Mnr. Rianus !Gonteb, uitvoerende hoof van programbestuur en beleidsadvies, het vir mnr. Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die RFA, verteenwoordig en gesê hul maatskappy het 'n maatskaplike strategie om die minderbevoorregtes, insluitende bejaardes, vroue en kinders te help.

Hulle ondersteun ook onderwys en opleiding, veral op die gebied van ingenieurswese en finansies, het !Gonteb gesê.

“Ons is bly om CLaSH te ondersteun. Dit sal nie die einde van die vriend­skap wees nie, dis maar net die begin,” het hy gesê.

Mnr. Roland Graf, ontwerper en jare­lange vriend van CLaSH, sê hy het destyds, toe hy begin het om die vereniging se kalender te ondersteun, tegniese uitdagings ervaar.

Hy sê die kinders is vir hom “besonders en wonderlik”.

“Hulle het later vir my soos my eie kinders gevoel. Dit was 'n plesier om saam met hulle te werk,” het Graf gesê.

Beinhauer het gesê daar is verskeie redes waarom volgende jaar se kalender die laaste sal wees.

Een van die redes is dat mense meer van moderne tegnologie gebruik maak, soos hul selfone, as van gedrukte kalenders, wat verkope belemmer.

“Deesdae is die mark nie soos dit in die verlede was nie, en dis hoekom die vereniging besluit het dit sal die laaste keer wees om die kalender te druk,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!