Laat sak jou kop en trotseer die eindelose storms
Sanet de Swardt
Die lewe is deesdae nie vir kleinserige mense bedoel nie. Die Engelse spreekwoord sê: “Not for the faint-hearted”. Ons word deesdae meer gereeld met moeilike en vreemde situasies gekonfronteer.
Die wêreld en ons omstandighede het geweldig verander, en niemand kan waarborg dat dit in die nabye toekoms weer gaan terugkeer na wat ons as normaal bestempel nie. Dit beteken ons moet ons koppe laat sak en die meedoënlose storm(s) trotseer.
Die stampe en stote wat mens deesdae moet aandurf, laat mens soms wonder hoe om voort te gaan. Hoe om jou kop op te lig en die lewe weer in die oë te kyk. Hoe om weer positief te wees; gelukkig te wees. Hoe om die bietjie waardigheid wat jy nog oor het, te behou. Hoe om op te hou baklei vir dinge wat buite jou bereik is. Hoe om die gevoelens van wanhoop en verlies te bowe te kom. Hoe om sin van jou emosies te maak wat in ’n warboel is. Hoe om alles wat buite jou beheer is, te verwerk en te aanvaar. Hoe om gevoelens te beheer wat jy nie eens in woorde kan omskryf nie. Hoe om weer soos jouself te voel; nie net vir jou onthalwe nie, maar vir die mense naaste aan jou ook.
Ons kan alle blaam op Covid plaas, maar ek dink die meeste van ons is dikwels ons eie grootste vyand. Daar is wel omstandighede wat buite jou beheer is, maar soms is jy verantwoordelik vir jou eie hartseer. En as die ergste gebeur, dan is jy die enigste een wat die miljoene stukkies kan optel. Niemand kan dit vir jou doen nie, al wil jy hoe graag jou kop in die sand soos ’n wafferse volstruis druk.
Ons is soms sommer net domastrant; ons strompel voort sonder om aan die nagevolge te dink; vir jou en vir ander mense. Mens sou dink ná die hoeveelste keer wat jy jou kop stamp, sal jy jou les geleer het? Lyk my nie die mensdom se koppe is so aan mekaar geskroef nie.
Ek dink ook die sêding dat jy met ouderdom leer, word rêrig oorskat. Ons floreer op pyn. Miskien laat dit ons voel dat ons nog lewend is; dat ons iets het om voor te baklei; dat ons nog iets kan voel; dat ons nog nie heeltemal verlore is nie, al is dit net verdriet en fisieke pyn wat ons aan mekaar hou.
Dit voel soms of die wêreld besig is om vinniger om en om te tol en mens hou skaars aan jou vingerpunte vas. My kop is meeste van die tyd heeltemal deurmekaar met dié omdraaiery. Dit laat my dink aan een van die Madagascar-fliektonele waar die pikkewyn sê: “Just smile and wave boys. . . smile and wave. . .”
Ek dink ons almal voel soms so. Wanneer jy nie ’n situasie kan verander nie, dan plak jy ’n glimlag op jou gesig en waai net. Ek wens soms ek kan al my probleme “wegwaai”. As die lewe net só maklik was.
“Hang on, hang on, hang on
See right where you are!
Hold on, it's not the end!
Come on, come on, come on
Wake up, get on your feet again!” (Elvis Blue, Lifeline)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie