Laat vaar skaapskema, sê ombudsman
Ofskoon die ombudsman in ’n verdoemende verslag nie doekies omdraai oor die skaapskema nie, lyk dit nie of produsente vinnig enige veranderinge moet verwag nie.
Ronelle Rademeyer - Die kleinveebemarkingskema wat veertien jaar gelede geïmplementeer is en sedertdien tot die verarming van die Suide gely het, moet afgeskaf word.
Dít is die aanbeveling van me. Eileen Rakow van die kantoor van ombudsman oor die bes moontlike pad vorentoe indien die regering die skaapbedryf van ondergang wil red.
Alternatiewelik moet die verhouding van binnelandse verslagting teenoor lewende uitvoer, wat tans 1:1 is, vir ’n tydperk van nie minder nie as drie jaar opgeskort word, lui haar verslag.
In dié tyd moet die Vleisraad van Namibië die impak wat dit op die ekonomiese herstel van die skaapbedryf asook die nasionale strategie van “Growth at Home” het, noukeurig monitor.
Die ombudsman het die afgelope maande ’n omvattende ondersoek na die skema sedert sy inwerking op 1 Julie 2004 en die impak daarvan op ekonomiese welstand van die skaapbedryf gedoen. Dit was nadat die Namibië Landbou-unie (NLU) die ombudsman versoek het om die negatiewe uitwerking van die skema in die lig van die primêre produsent se reg op regverdige handelspraktyke soos dit in die Grondwet gewaarborg word, te ondersoek.
In die 17 bladsye verslag word na verskeie vorige ondersoeke en verslae van die afgelope jare gewys waarin die rampspoedige gevolge reeds breedvoerig uitgestippel is. Terwyl die bedryf agteruitgegaan het, is geen ingrypende stappe egter van regeringskant gedoen om dit te verhoed nie.
Die prysverskil tussen wat produsente plaaslik verdien en wat hulle kry wanneer hulle skape lewend uitvoer en in Suid-Afrika laat slag, het onlangs nuwe rekords bereik.
Dit het in Junie vanjaar N$18 per kilogram beloop, wat daartoe gelei het dat boere ’n slagboikot teen plaaslike uitvoerabattoirs aangekondig het.
In die drie weke wat die slagboikot gegeld het, het die binnelandse prys van N$60 per kilogram na N$75 per kilogram verhoog.
VERSLAE
Dit blyk uit die verslag van die ombudsman die Vleisraad het Seelinder Consulting Engineers sover terug as 2002 versoek om ’n ondersoek te doen na die lewensvatbaarheid van ’n uitvoerabattoir vir kleinvee in die Suide.
Een van die vernaamste bevindings destyds vir die winsgewendheid van só ’n abattoir was dat skaapvleis na die Europese Unie uitgevoer moet kan word. Dít het nooit gerealiseer nie.
Wat wel gebeur het oor die afgelope 14 jaar waartydens die verhouding van binnelandse verslagting teenoor lewende uitvoer gewissel het tussen 6:1 tot 1:1, is dat die getal uitvoerabattoirs vir kleinvee gekrimp het van 4 tot net 2.
Die abattoirs in Windhoek en op Mariental het toegemaak, die een op Aranos slag net nog sekere dae en die een buite Keetmanshoop, Brukarros Meat Processors (BMP) wat aan mnr. Jean Simonis behoort, het ’n slagooreenkoms met die Noord-Kaapse köoperatief, GWK, gesluit.
Die ouditeursmaatskappy Deloitte het in 2013 in opdrag van die ministerie van landbou, water en bosbou die skaapkrisis ondersoek en bevind bemarkingsgetalle van skape het vanweë die skema beduidend gedaal.
Tussen 1992 tot 2007 is 1,2 miljoen skape per jaar per jaar bemark. Van 2008 tot 2012 toe die verhouding 6:1 was, het dit met 22% teruggesak tot 953 000 per jaar. Teen 2017 het dit verder versleg tot net omtrent 850 000 skape per jaar.
Die jaarlikse verlies vir die ekonomie het in 2013 reeds N$177 miljoen per jaar beloop.
Die Deloitte-verslag het ook daarop gewys die bemarkingsmoontlikhede vir kommunale boere met vetstertskape verskraal het en dat die Suide ekonomies al meer kwesbaar geword het.
In dié verslag is die regering gewaarsku om nie een segment in die waardeketting, naamlik abattoirs, te beskerm en die primêre segment, die produsente, te verwaarloos nie.
Navorsing wat in 2015 deur die departement van voedsel, landbou en hulpbronekonomie aan die Universiteit van Guelph in Ontario, Kanada, gedoen is, het bevind die prysvolatiliteit weens die kleinveebemarkingskema het vanaf Namibië oorgespoel na Suid-Afrika.
Die navorsers waarsku dat die skema in sy huidige formaat nie gebruik moet word om sekere rolspelers in die waardeketting bo ander te bevoordeel nie.
WAT NOU?
Volgens Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), is die ombudsman se verslag twee weke gelede tydens ’n bedryfsvergadering met Alpheus !Naruseb, minister van landbou, water en bosbou, deur die Vleisraad aan hom voorgelê.
Die rooivleisbedryf het op versoek van !Naruseb vergader om kwessies van volhoubaarheid, soos die situasie by Meatco en die skaapskema te bespreek.
“Die aanbeveling van die amptenary was dat daar weer eens ’n studie gedoen moet word voordat ’n finale besluit oor die skema geneem word,” sê Gouws.
“Ons moet aanvaar dat daar nie nou ’n besluit oor die ombudsman se aanbeveling geneem gaan word nie. Ons sal dus moet kyk hoe ons die situasie in die tussentyd die beste kan bestuur,” het hy by navraag aan Die Boer gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie