Land gloei van trots op Helalia, Junias
Namibië het die Spele 19de op die medaljelys en sesde uit die Afrika-lande klaargemaak.
Andrew Poolman - Helalia Johannes se triomf in die vrouemarathon by die Statebondspele gisteroggend het Namibië met sy tweede goue medalje by die Spele laat eindig, ná die ligweltergewigbokser Junias Jonas se goue prestasie van die vorige dag.
Johannes het as die eerste Namibiese vrouewenner van 'n goue medalje in enige sport by die Statebondspele geskiedenis gemaak.
Die ander was almal mans – die 200 m naelloper Frank Fredericks in 1994 en 2002; die ligvlieggewigbokser Japhet Uutoni (2006) en Junias Jonas afgelope Saterdag.
Uutoni, wat ook 'n Statebond-silwer vier jaar later bygevoeg het, en Johannes is in Desember 2011 getroud voordat hul eersteling is in 2015 gebore is.
Die 37-jarige Johannes is 'n veteraan van verskeie groot kampioenskappe en stedelike marathons. Haar vorige beste prestasie by 'n groot byeenkoms was by die 2012 Olimpiese Spele in Londen, waar sy twaalfde klaargemaak het, asook 'n vyfde plek by die 2014 Statebondspele in Glasgow.
Gister het sy die aanslag van twee Australiërs afgeweer om die goue medalje in twee ure 32 minute 40 sekondes te beklink. Sy het versnel om met 43 sekondes voor die 30-jarige Lisa Weightman klaar te maak.
Nog 'n Aussie, Jessica Trengrove (30), het lank voor gehardloop om uiteindelik derde klaar te maak, met Sheila Jerotich van Kenia vierde en twee hardlopers van Engeland vierde en vyfde.
Johannes se twee landgenote Lavinia Haitope (sesde in 2:40:54) en Leena Ekandjo (twaalfde in 2:50:59) sou ook selfvertroue vir die toekoms uit hul vertonings kon haal.
“Ek is so opgewonde en ook baie verras,” het Johannes agterna gesê.
“Ek moes net die moed hê dat ek dit sou regkry. Ses dae gelede het ek ongemak in my kuitspier gehad en het ek in my kanse begin twyfel, maar terwyl ek by die wegstringstreep gestaan het, het ek selfvertroue begin kry dat ek moet gaan vir die goud.”
Die eindtye was nie naby enigeen se persoonlike beste nie, maar die sonnige hitte (27 grade teen die einde) en 'n roete vol kurwes en golwende heuwels het hiertoe bygedra, asook die versigtige pas wat aanvanklik gehadhaaf is.
• In die mansmarathon gister het Paulus Iyambo sesde klaargemaak in 2:2239, wat vyf minute agter die kampioen Michael Shelley van Australië was.
Sy spanmaats Uveni Kuugongelwa en Reonard Namupala was onder die sewe wat nie die 42 km kon voltooi nie.
TRIOMF VIR JUNIAS
Belangstelling om Junias Jonas na die professsionele boksarena te lok, sal gewis verskerp na afloop van sy goue medalje in die 64 kilogram gewigsklas by die Statebondspele.
Die 24-jarige Swakopmunder het die eindgeveg met groot gemak teen Thomas Blumenfeld van Kanada beklink. Die vyf beoordelaars was eenparig met 5-0 in die Namibiër se guns. Twee van hulle het hom met die wydste verskil (30-24) laat wen.
Die Italiaanse skeidsregter het ook in beide ronde 1 en 2 'n punt van Blumenfeld laat aftrek omdat sy mondskerm uitgeval het – drie keer in die tweede ronde.
Jonas was meer aggressief – en sy opponent se gesig het agterna hiervan getuig.
Verreweg die moeilikste van Jonas vyf gevegte op pad na die goue medalje, was toe hy die vorige dag in die semifinaal met 3-2 verby Luke McCormack van Engeland geskuur het. Die telkaarte ná hul drie rondes was wyd uiteenlopend – van 3-0 in Jonas se guns, tot dieselfde vir die Engelsman.
Junias se gevegstyl in die toernooi was dikwels om beide sy hande laag te hou en sy opponent te probeer uitlok om hom met goeie reflekse kans vir 'n teenhou te gee. Hy het ook sy lengte en steekhou doeltreffend gebruik om die afstand te dikteer.
Die goue medalje is die grootste prestasie van sy jong loopbaan, nadat hy ook vier jaar gelede in Glasgow met 'n silwer van hom laat kennis neem het.
Tussenin was daar natuurlik die nagmerrie van sy Olimpiese deelname in 2016 in Rio de Janeiro, waar hy van verkragting aangekla is en eers in die oggendure van sy eerste geveg uit aanhouding vrygelaat is. Jonas moes vir maande daarna in Brasilië agterbly en hoewel hy vrystelling het om internasionaal deel te neem, sleep die hofsaak steeds voort.
• Namibië se padfietsryers kon nie werklik hul merk in Saterdag se padresies maak nie.
By die mans was Tristan de Lange (36ste), Dan Craven (40ste) en Drikus Coetzee (44ste) oor die lang afstand van 168.3 kilometer wat net meer as drie-en-'n-half ure geduur het.
Vera Adrian (15de) en Michelle Vorster (21ste) het die vroueresies van 112 km sowat 'n minuut en 14 sekondes ná die wenner voltooi.
• Die driesprongatleet Roger Haitengi het in die finaal Saterdag agtste geëindig met 'n beste sprong van 16.24 meter. Die goud is deur Doris Troy van Guyana (16.88 m) beklink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie