Landboubank u2018u2018n ster in taai tyeu2019
Landboubank u2018u2018n ster in taai tyeu2019

Landboubank ‘‘n ster in taai tye’

Onder die regte leiding gaan Namibië se landboubank van krag tot krag, ondanks die staat se heelwat kleiner subsidies die afgelope jaar.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Agribank se bates het vir die eerste keer vanjaar die N$3 miljard-kerf verbygesteek.

Boonop het die bank finansieël goed gevaar met die uitbetaling van lenings wat jaar-op-jaar met 22% verhoog het, ondanks besonder moeilike omstandighede weens ‘n erge droogtee en ‘n ekonomiese resessie.

Terselfdertyd het die regering se subsidies aan die bank oor die afgelope vier boekjare drasties verklein en het op gemiddeld N$33,4 miljoen gestaan.

Daarteenoor was dié gemiddeld tussen 2008 en 2016 sowat N$144 miljoen.

Agribank se uitvoerende hoof, mnr. Sakaria Nghikembua, het die media Woensdag ná hul onlangse jaarvergadering met belangegroepe toegespreek.

Hy het gesê altesaam N$438 miljoen se lenings is die afgelope boekjaar uitbetaal – meer as verlede jaar se N$358 miljoen, wat beteken hul leenboek staan nou 15% sterker.

Hul inkomste uit rente het ook met 14,5% verhoog.

VROUE, JEUG BAAT OOK

Hy het gesê van die uitbetaalde lenings het N$41 miljoen die afgelope boekjaar eksklusief aan vroulike leners gegaan, terwyl N$50 miljoen eksklusief aan die jeug, of leners onder 40 jaar, uitbetaal is.

Dit sluit vroulike of jeugdige leners uit wat lenings as deel van ‘n paartjie of besigheid ontvang het.

Agribank se boekjare begin op 1 April en eindig op 31 Maart.

Hy het gesê altesaam N$30 miljoen is uitbetaal aan kommunale boere wat die bank nie sekuriteit kan bied nie.

Nghikembua verduidelik kommunale boere wend Agribank-lenings hoofsaaklik vir grootvee-aankope, water- en elektrisiteitsverskaffing, die koop van trekkers en implemente, heinings en die aankoop van kleinvee aan.

In die afgelope boekjaar het sowat 6 453 boere by hul opleiding- en mentorskapprogramme gebaat – en net 10% hiervan was kliënte van Agribank.

Nghikembua het gesê konserwatief gereken het Agribank se leenboek die afgelope boekjaar tot die skepping en handhawing van 48 816 werksgeleenthede in landbou gelei. Hy sê volgens berekeninge het dié getal op 45 232 gestaan.

“Rofweg ‘n derde van al die werksgeleenthede in die plaaslike landboubedryf bestaan danksy Agribank se uitleen-aktiwiteite,” het hy gesê.

Nghikembua sê uitgawes het met ‘n skrale 4,4% verhoog terwyl die bank se surplus met 87% gelig is.

“Vooruitsigte bly egter uitdagend omdat die herstel van beide die ekonomie en weiding tyd sal neem,” het hy gesê.

VYFJAARTENDENSE OOK GOED

Nghikembua het getoon die bank se vyfjaartendense vergelyk positief met die jaarlikse verhoging in rente-inkomste wat in 2015-’16 op 1% gestaan het, maar reeds in 2016-’17 op 6,4% te staan gekom het.

In 2017-’18 het dit op 12,8% gestaan en op 14,5% in die mees onlangse boekjaar.

Nghikembua het gesê die doel is ‘n volhoubare 11 tot 12%.

Die bank vaar jaar-op-jaar beter met die insameling van betalings, terwyl die verhouding van agterstallige betalings voortdurend daal en tans op 19% staan. Nghikembua sê die mikpunt is 15%.

Hy sê agterstallige betalings op die regstellende aksie-leningskema (Aals) is gemiddeld 20%, maar daarteenoor vaar deeltydse kommunale boere, wat ook salarisse verdien, die beste en staan hul agterstallige betalings op slegs 1% tot 2%.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!