Lande span saam oor kerntoets in Noord-Korea
Met Noord-Korea wat oënskynlik vandeesweek nóg 'n kerntoets gaan uitvoer, heers hernude kommer oor die onvoorspelbare land en sy veglustige leier.
Suid-Korea sê hy beplan om aan militêre oefeninge saam met die Amerikaanse vloot se aanvalsgroep, insluitende die vliegdekskip USS Carl Vinson, deel te neem.
Pres. Donald Trump het ook met die leiers van Japan en China gepraat te midde van kommer dat Noord-Korea nóg 'n kernkragtoets kan doen.
Intussen het Noord-Korea die naweek gesê hy is gereed om die vliegdekskip te sink, nadat Trump dit na die waters naby die Koreaanse Skiereiland gestuur het as 'n waarskuwing vir Noord-Korea.
Japan het reeds Sondag gesê die land het twee torpedojaers gestuur om by die aanvalsgroep aan te sluit.
Eerste minister Shinzo Abe het sy gesprek met Trump as 'n “deeglike uitruil van gedagtes” beskryf. “Ons is dit eens dat Noord-Korea selfbeheersing moet toon,” het hy gesê. “Ons sal kontak met Amerika behou, nou saamwerk en ferm optree.”
Abe sê hy en Trump was dit eens dat China, Noord-Korea se buurland en enigste groot bondgenoot, 'n belangrike rol moet speel om druk op die land uit te oefen.
Spanning het oor die afgelope maande skerp toegeneem, met Amerika en sy bondgenote wat vrees dat Noord-Korea nóg 'n kernkragmissieltoets kan uitvoer of nóg missiele kan afvuur, wat teenstrydig met die Verenigde Nasies se sanksies is.
Noord-Korea vier vandag die 85ste herdenking van die stigting van sy leër. In die verlede het die vieringe met kerntoetse gepaardgegaan.
Die Amerikaanse regering het nie aangedui waar die aanvalsgroep is nie, maar Mike Pence, adjunkpresident, het Saterdag gesê hulle sou “binne dae” hul bestemming bereik.
Die woordvoerder vir die Suid-Koreaanse ministerie vir verdediging, Moon Sang-gyun, het geen verdere besonderhede oor hul planne gegee nie, maar sê Seoel hou samesprekings met die Amerikaanse vloot. “Ek kan wel sê die Suid-Koreaanse en Amerikaanse weermag is heeltemal gereed vir Noord-Korea se kernkragtoets,” het Moon gesê.
Amptenare van albei lande is die afgelope tyd bekommerd dat Noord-Korea binnekort sy sesde toets sal uitvoer. Satellietbeelde wat ontleed is deur 38 North, 'n Noord-Koreaanse moniteringsprogram in Washington, het verlede week aktiwiteit by Noord-Korea se toetsfasiliteit Punggye-ri opgemerk.
Die groep sê dit was onduidelik of dié plek 'n “taktiese stilstand” uitvoer voor nog 'n toets, en of dit net normale bedrywighede was.
Die spanning is verder vererger met Noord-Korea wat Saterdag 'n Amerikaanse burger teruggehou het toe hy die land wou verlaat.
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie