Landrovers laat leef Uis
Uis was dié naweek Landroverwêreld. Vrydag en Saterdag het meer as 150 Landrovers uit die uithoeke van Namibië en selfs van oorkant die grense met Botswana en Suid-Afrika op Uis saamgetrek. Dit het sowat 300 mense na Uis as ’n afgeleë gebied in die noordweste gebring. Op die foto staan die voertuie op ’n streep by die basis van die fees waar die manne in hul vuurwaens ook aan strawwe toetse soos onder meer teen duine van die ou myndorp uit getoets is. Volgens die organiseerders was dit maar die begin met jaarlikse saamtrekke wat beoog word. Foto Basil Calitz
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie