Laura: Khomas vorder
Augetto Graig - Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het Woensdag by die Khomas-streekraad se hoofkantoor in Windhoek haar eerste streekrede gelewer. Die toespraak van 45 bladsye het oor die uitdagings en hoogtepunte van die 2015-2016-boekjaar gehandel.
Haar algemene boodskap was dat die streek vorder ondanks die droogte en ’n tekort aan geld vir gronddienste en behuising.
“Die ekonomie gaan nie vinnig verbeter nie en met die voortgaande droogte lyk die res van die jaar droewig. Ons moet ons gordels styf trek,” het sy gesê.
“Ek wil ook beklemtoon dat my kantoor en die plaaslike regering oor die algemeen diep bekommerd en besorg is oor kwessies van geslagsgeweld, alkohol- en dwelmmisbruik, padsterftes, grondonteiening en stamgebondenheid,” sê sy.
Dié algemene en herhalende maatskaplike kwessies bedreig die streek se politieke en maatskaplike grondslag, meen sy en doen ’n beroep op inwoners om dit te veroordeel en te vermy.
Sy het onder meer op desentralisasie, ekonomiese en infrastruktuur-ontwikkelinge, kleinsake ontwikkeling, die bou en opgradering van paaie, en waterinfrastruktuur, gefokus. Sy het ook oor hervestiging, gesondheid en opvoeding in die streek gepraat, asook inligting en kommunikasie-ontwikkeling en misdaad, veral in die hoofstad. Padveiligheid en ontwikkelingsvennootskappe was ook op die agenda.
“Ten opsigte van desentralisasie het die Staatsdienskommissie al teen Maart nuwe poste goedgekeur wat in die streekraadstrukture geskep is. Die direktoraat van beplanning sal nou in drie gedeel word, met ses nuwe poste,” sê sy.
“Die Khomas-streekraad se hoofkantoor word ook uitgebrei en opgegradeer. Vanjaar sal N$2 miljoen aan die beplanning van dié uitbreiding bestee word.”
Waterverskaffing is ’n probleem, veral in die landelike gebiede om Windhoek. “Op Groot Aub het mense vanjaar soms vier dae sonder water gesit. Daar word nou ondersoek gedoen na twee ou boorgate en die pomp asook ’n nuwe boorgat om die situasie te verbeter,” het die goewerneur gesê.
Sy sê die munisipaliteit het 21 krane in die Moses //Garoëb-kiesafdeling aangebring en nog 15 krane is beplan.
“Buiten die opgradering van die Gammams-watersuiweringsaanleg vir meer as N$450 miljoen, het Windhoek reeds N$70 miljoen aan die kunsmatige hervulling van die ondergrondse waterdraer suid van die dorp bestee. Die projek mag altesaam sowat N$550 miljoen kos.”
Volgens die goewerneur het kragverskaffing en infrastruktuur vanjaar al meer as N$100 miljoen gekos, maar die raad kan nog nie die aanvraag van Ojtomuise, Okahandjapark, Havana, Ongulumbashe en Khaetani bevredig nie.
“Dus word nog ’n stasie van N$22,1 miljoen by Havana gebou en een van N$18 miljoen by Babilon. ’n Tweede grootmaat elektrisiteitsverspreidingspunt vir Windhoek sal meer as N$200 miljoen kos. Die regering het reeds N$72,5 miljoen daarvoor begroot,” het McLeod-Katjirua gesê.
“Binnekort sal die streek ’n distrikshospitaal op erf 508, Havana in die Moses //Garoëb-kiesafdeling kry. Daar was ook werkersbehuising by die kliniek op Groot Aub gebou en die klinieke by Donkerhoek, Wanaheda, Hakahana en Otjomuise het vraghouers gekry. Nog ’n kliniek word by Maxuilili vir N$24 miljoen gebou.”
Wat strate in Katutura betref, het die goewerneur gesê Omuvapu-, Julius Nyerere- en Ongavastraat is teen N$22 miljoen geteer. In Wanaheda was nog twaalf strate teen ’n koste van N$15 miljoen van ’n teeroppervlak voorsien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie