Leer Namibië speel-speel ken
Tanja Bause - Sowat twee jaar gelede het me. Monika Klein ’n pak speelkaarte van haar suster, me. Erika Krause, uit Noorweë ontvang.
Krause was daar met vakansie en het die kaarte saamgebring, met besienswaardighede en foto’s van Noorweë daarop.
“Ek het gedink ek wil sulke kaarte van Namibië maak. My doel met die speelkaarte is om ons mooi en uiteenlopende land nader aan toeriste en inwoners te bring – om die wonders, diere en natuurskoon met almal te deel,” het Klein, ’n inwoner van Walvisbaai, gesê.
Sy gebruik hoofsaaklik haar eie foto’s, maar haar familie en vriende het ook foto’s beskikbaar gemaak.
Op die kaarte verskyn ’n verskeidenheid Namibiese besienswaardighede, diere, plante, geboue en interessanthede.
Op die kaarte se agterkant is ’n kaart van Namibië.
“Daar is onder meer foto’s van verskeie plaaslike bome, soos die kameeldoringboom en die kokerboom. Ook beetkloutjies en ligene en ander Namibies plante, natuurlik van ons groot diere soos die olifant en verskeie bokke, maar ook ons klein diere soos die woestynverkleurmannetjie en geitjies. Daar is iets vir almal,” het sy gesê.
Besienswaardighede wat op die kaarte uitgebeeld word, sluit onder meer in Sossusvlei, Dooiemansvlei, die Hoba-meteoriet, die wilde perde van die Namib, die versteende duine en die Henno Martik-skuiling in die Kuisebrivier.
Geboue sluit in die Goerke-huis op Lüderitz en die Duwiseb-kasteel. ’n Emmerstort en ’n toilet in ’n boom is twee Namibiese snaaksighede wat uitgebeeld word.
“Ons hou van kamp en het al deur die hele Namibië gereis. Ons hou ook daarvan om by plekke te kamp wat ’n interessante geskiedenis of besondere aantrekking het,” het Klein gesê.
Volgens haar is daar te veel mooi kaarte en is dit moeilik om een as ’n gunsteling uit te sonder. Elke foto het ’n storie.
Die een kaart wat wel vir Klein baie spesiaal is, is die kaart met die Bogenfels-rotsformasie in die Naukluftberge.
“My pa het die rotsformasie tydens ’n klasuitstappie gesien toe hy baie jonk was. Hy het vir ons gesê hy wil die Bogenfels graag nog een keer sien. Hy het verskeie kere na die Naukluftberge teruggegaan om dit te soek. Hy was al in sy sewentigs toe hy die Bogenfels weer gevind het. Ons het as familie jare later weer gegaan en dít is toe die foto geneem is,” het sy gesê.
Klein ontwerp die kaarte self op haar rekenaar en het einde laas jaar die eerste pakkies speelkaarte van die drukkery af ontvang en verkoop.
Dié unieke kaarte is by Swakopmund se aandenkingswinkel en boekwinkel te koop.
Op Walvisbaai is dit by die inligtingsentrum te koop.
Vir bestellings, kontak Klein by 081 218 3910.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie