Leerlinge se plig
Leerlinge se plig

Leerlinge se plig

Estelle de Bruyn
Die teleurstellende graad-10 en graad-12 uitslae wat deeltydse leerlinge in 2016 behaal het, kan nie net voor die deur van die onderwysstelsel gelê word nie.

Dit is ook 'n aanduiding van 'n belangeloosheid onder die jeug.

As meer as 9 000 leerlinge wat vir hierdie eksamens inskryf het nie eers die moeite doen om op te daag om 'n vraestel te skryf nie, kan onderwysers nie hiervoor kwalik geneem word nie.

Leerlinge moet besef dat in- skrywingsfooie vir baie ouers 'n reuse finansiële opoffering is.

Boonop is Namcol reeds 'n tweede kans vir leerlinge wat nie voltyds die mas kon opkom nie.

Dit behoort dus juis as 'n reddingsanker gesien te word om 'n akademiese kwalifikasie te verwerf om in staat te wees om 'n produktiewe bydrae tot die samelewing te lewer.

Die kommerwekkende waarheid is dat onder 'n groot aantal jongmense 'n gesindheid dat hulle geregtig is om aanspraak op dinge te maak, waarvoor hulle nie gewerk het nie.

Die lank en die kort is dat die staat niks aan mense verskuldig is wat nie self hard werk om kwalifikasies te behaal nie.

Ondanks al die probleme in die land se onderwysstelsel, bied dit steeds die geleentheid tot 'n opvoeding, 'n kans wat duisende ander leerlinge met albei hande aangryp om hulself te kwalifiseer en 'n beter lewe vorentoe te verseker.

Namibiese jongmense moet die verantwoordelikheid van hul eie lot aanvaar en die geleenthede wat bestaan benut. Wegbly van klasse, die versuim om huiswerk te doen en behoorlik voor te berei vir toetse en eksamens, en om selfs nie op te daag vir eksamens nie, is onaanvaarbaar.

Hoe gouer leerlinge dit besef, hoe beter.



Só sê ander

Washington Post

20 Januarie 2017



Respect for the office and hope for the nation



The inauguration of a president is always, on one level, a political event: One party has triumphed, the other has been vanquished.

It also is the celebration of a constitutional democracy in which power changes hands peacefully, at the command of the people.

Trump led a movement that questioned the legitimacy of his predecessor. He questioned the legitimacy of his opponent (“crooked”) and of American democracy (“rigged”).

He was trounced in the popular vote, and during the transition he spent more energy taunting opponents than living up to his election-night pledge to unify the country.

Nonetheless, after noon Friday he will be the legitimate president of the United States.

The right response to Mr. Trump is to respect the office while hoping that its occupant works to earn respect in his own right.

• Washington Post

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!