Lees en kultuur staan sentraal
Lees en kultuur staan sentraal

Lees en kultuur staan sentraal

Dani Booysen
Net twee uit elke tien Namibiese kinders lees in hul vryetyd.

Net 'n rapsie meer, maar steeds minder as 'n kwart, het toegang tot storieboeke en ander leesstof.

Die skokfeite is nóg meer kommerwekkend omdat die jeug die grootste deel van die bevolking uitmaak.

Kan ons 'n vooruitstrewende nasie bou sonder 'n goed gevestigde vaardigheid en liefde om te lees? Die antwoord is nee.

Lees bevorder konsentrasie, begrip en kennis en help met probleemoplossing. Leestalent is bepalend vir skryfvaardighede.

Gaan ons eendag dalk net dikteer aan 'n slimtoestel, terwyl 'n supertoep ons woorde foutloos op skrif stel. Waarskynlik. Maar lees gaan nie ineens uitsterf en waardeloos word nie.

Jongmense wat net enkele sinne op 'n slag kan baasraak, verstaan of uitvoer, sal hul volledige potensiaal en produktiwiteit veel moeiliker behaal.

Read Namibia se leesprojek, ondersteun deur onderwysers, biblioteke, universiteite, diplomate, die Verenigde Nasies (VN) en verskeie ander instellings en ondernemings, moet aangegryp word. Saterdagoggend vind drie ure se leespret vanaf 10:00 tot 13:00 by die VN Plaza in Katutura plaas.

Die idee om die hele September leesmaand te maak, is sinvol. In net 'n week kan veel minder vermag word.

Volgende week is ook nasionale erfenisweek. Die tema is ons almal se gedeelde verlede, hede en toekoms.

Inderdaad is ons saam in dieselfde bootjie. En almal moet ewe hard werk om sleutelvaardighede en fundamentele kennis te bevorder.



So sê ander

12 September 2017



Bevel oor regskoste teen Hlaudi kan politici laat opdok



Die arbeidshof se beslissing om twee voormalige SAUK-amptenare saam met die uitsaaikorporasie persoonlik aanspreeklik te hou vir regskoste kan 'n nuwe era van verantwoording vir senior amptenare by staatskorporasies, in die staatsdiens en hopelik ook vir politici, inlui.

Dit is om die vakbonde Solidariteit en Bemawu se regskoste te dra vir hul bystand aan die joernaliste – bekend as die SAUK-agt – nadat hulle onregmatig in (Hlaudi) Motsoeneng se spervuur beland het.

Die ANC is vinnig om te kla dat te veel kwessies in die hof beland en dat daar 'n poging is om regering deur hofsake ongedaan te maak. Maar dan is dit juis sy ministers en senior amptenare wat hofsake onnodig uitrek – en dít op die rekening van die belastingbetaler.

Hopelik sal ministers nou verantwoording doen eerder as om deur verkwisting onnodig agter regslui se togas weg te kruip.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!