Legendariese oom Lukas Nel en sy vrou aangeval, beroof
Legendariese oom Lukas Nel en sy vrou aangeval, beroof

Legendariese oom Lukas Nel en sy vrou aangeval, beroof

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die legendariese oom Lukas Nel (96) en sy vrou, Joey (84), het Woensdagmiddag vir die tweede keer in ses jaar 'n aanval op hul plaas net buite Tsumeb oorleef. Nel is 'n oorlogsveteraan wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het.
Die bejaarde Nels is na beweringe deur vyf rowers wat hulle as skaapkopers voorgedoen het, oorval, vasgebind en beroof. Die mans het met die egpaar se wit dubbelkajuit Mazda-bakkie, N 3737 T, van hul plaas, Ons Plaas, gevlug. Dit is 7 km buite Tsumeb op die pad na Tsintsabis geleë.
Die voertuig is volgens inligting omstreeks 18:00 Woensdag buite Tsumeb opgemerk.
Benewens die voertuig, het hulle ook selfone en juwele gesteel.
Die Nels is in Junie 2011 ook deur vier gewapende mans aangeval en beroof. In daardie roof is los goedere, kontant, 'n vuurwapen en ammunisie gebuit.
Lees die volledige berig môre in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!